Amandaskrywer Nuusbrief 2 van 2021
Amandaskrywer Nuusbrief 2 van 2021
Hi julle. Ek hoop julle het ‘n goeie week gehad. Hier by Amandaskrywer was dit besig soos altyd.
Webblad
Ek het hierdie week begin om die skakels op die webblad na te gaan en te herstel waar nodig. Dit neem egter tyd met die volume plasings op die webblad. Rapporteer asb. enige gebreekte skakels sodat ek kan aandag gee daaraan. Dankie
Veranderings
Let asb. op die veranderings rondom die datums en tye van die volgende:
- Die weeklikse nuusbrief verander na Maandae om 01:00 (voorheen Sondae om 08:00)
- Die Naguil plasings verander na Woensdae om 01:00 (Voorheen Woensdae om 08:00)
- Weeklikse plasing se tye verander na Vrydae om 01:00 (voorheen Sondae om 08:00)
Die nuwe Datums help om inligting te balanseer deur die week. Dit help om Saterdae en Sondae (indien nodig) beskikbaar te hê om te werk aan die volgende week se plasings. Julle is welkom om te kommunikeer oor hoe die nuwe tye julle pas of nie.
Die Naguil
Die terugvoer op die nuwe mini koerant Die Nagauil is meestal positief met 1 of 2 lesers wat gevoel het dat dit nie formeel genoeg is nie. Ek waardeer elke persoon se insette en probeer om sover moontlik almal tevrede te stel. Die naguil is juis geskep om ‘n bietjie minder formeel as die weeklikse nuusbrief te wees met meer ligte materiaal. Lees dit asb. met ‘n oop gemoed en jy sal verras wees oor al die positiwiteit en nuwe kennis.
Onthou
1. Almal het iemand nodig om lief te hê (nie noodwendig ‘n geliefde nie – dit kan ook ‘n troeteldier wees),
2. Iets om te doen (‘n loopbaan of ‘n stokperdjie of selfs ‘n boek om te lees)
3. Iets wat hoop gee (hoe klein of groot ook al)
Die Engelse webblad Let’s make Tea se nuutste plasings handel oor die verskillende kulture in die wêreld.
‘n Lekker week vir julle. Maak die beste daarvan. Tot volgende keer vriende. Ek waardeer julle.
Groete
Amanda
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you