Die Naguil mini koerant Uitgawe 1
Die naguil mini koerant Uitgawe 1 van 2021
Hallo julle. Bertie die naguil het omtrent geroep vir hierdie eerste uitgawe.
Daar is soveel oulike artikels, video’s en ander dinge waarvan mens nie sommer in die gewone media lees en sien nie. Ons is opgewonde om hierdie kosbaarhede met julle te deel. Wanneer jy op die skakels van die artikels kliek sal die artikel in ‘n aparte bladsy oop maak.
Glen Close – It always amazes me to think that every house on every street is so full of stories, so many triumphs and tragedies and all we see are yards and driveways.
Oupa Leesuil gesels boeke en sy mense
- ‘n Biblioteek Die suider strand Publieke biblioteek het tot op die grond afgebrand. Al die boeke wat tydens die brand in die biblioteek was, is vernietig. ‘n Hartseer dag vir lesers. Die gemeenskap is egter vasbeslote om die biblioteek te herbou en selfs beter as voorheen te maak. Niks kry boek mense onder nie. Sterkte julle.
- ‘n Inspirerende artikel oor ‘n vrou wat ‘n kinderboek Astro Bono geskryf het oor kinders se avonture in die hemelruim. Die doel van die boek is om kinders te wys op moontlikhede in wetenskap en tegnologie. Voorwaar ‘n baanbreker.
- Het jy geweet dat nie-fiksie boeke die beste verkopers in Suid Afrika is? Hierdie artikel verduidelik hoekom nie-fiksie boeke so gewild is hier plaaslik.
- Die Hertogin van Cornwall Camilla is ‘n leser en het ‘n Koninklike Boekklub begin.
Die Naguil mini koerant – waar stories vlerke kry
Stories oor plekke en sy mense
- Terwyl ek rondswerf op die Internet verskyn ‘n foto op my video kieslys. Die foto lyk toe vir my baie bekend. Die video is kort en van ‘n stapel lekkerny in Portugal. Leidraad? Dit is ook ‘n Suid Afrikaanse gunsteling.
- Die storie van melktert is ‘n liplekker verhaal van hierdie gunsteling. Dit sluit sommer goed aan by die vorige storie.
- ‘n Jongman van Waterkloofrif Reuben Kruger het ingespring en die parkie naby sy huis skoongemaak en in die proses ‘n vergete glybaan ontdek. Mooi so Reuben
Leer iets nuuts
- Hier is ‘n kits kursus in juwele en dinge uit leer.
- Wat van houtsneewerk met ‘n koekroller as die ster?
- Macrame het ‘n terugkeer gemaak. Leer hoe. Dis glad nie moeilik nie
Ons hoop julle het hierdie eerste uitgawe van die Naguil mini koerant geniet. Kyk uit vir Uitgawe 2.
Mooi loop. Tot volgende keer.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you