Die Naguil mini koerant uitgawe 8
Die naguil is terug. Die naguil mini koerant uitgawe 8 van 2021 is uiteindelik hier na ‘n onderbreking in publikasie.
Ons probeer ons bes om interessante brokkies te kry wat nie agter ‘n betaalmuur skuil en waartoe almal nie toegang het nie. Die hele idee van die Naguil is dat ons dinge deel wat mens nie sommer alledaags op ‘n webblad vind nie. Welkom by ons 8ste Naguil koerant van die jaar.
Skrywer sêgoed
Marcia Clark, Author and State Prosecutor of the OJ Simpson Trial – You can tell the truth in fiction.
Oupa Leesuil gesels boeke en sy mense
Het jy geweet dat jy aanlyn kan kyk watter boeke by jou biblioteek beskikbaar is? Dit is soos venster inkopies. Mens kan sien of die boek wat jy soek beskikbaar is in jou of omliggende biblioteke. Jy kan ook sien of die boek uitgeneem is en tot wanneer.
Kinders se slange van Suider Afrika stel kinders bekend aan 36 van Suid Afrika se bekendste slange. Dit gaan verseker ‘n treffer onder veral seuns wees.
Stories oor plekke en sy mense
Afvalwater wat kom van die brou van bier word nou positief benut om spinasietuine in die Oos Kaap te besproei. – ‘n Stap in die regte rigting.
Kwêla het sy dorp van die jaar bekend gemaak…
Pittige Kommentaar
In Indië het ‘n boer se buffels te diep in die bottel gekyk en wel dronk geword. Ene Stefaan se reaksie op die artikel: Klink soos in Gauteng
Het jy geweet
Die eerste geskrewe boek was The Epic of Gilgamesh
Die Jazz singer van 1927 (nie die ene met Neil Diamond in die) was die eerste fliek met klank.
Die oudtste biblioteek ter wêreld is geleë in Irak (voorheen Nineve
Webtuistes om te besoek
Toortsie is nie net ‘n ywerige blogger nie, sy het ook reeds verskeie banting kookboeke die lig laat sien
Dr. Christa van Staden is ‘n opvoedkundige navorser en ‘n blogger wat ook rond reis.
Pen Afrikaans gaan oor skryf, skrywers en lesers.
Roep,roep my storie is uit
Dankie vir die saam kuier. Ons hoop julle het dit soveel geniet soos ons wat dit bymekaar gesit het. Tot volgende keer vriende.
Groetnis
Bertie en Amanda
P.S. Julle is welkom om julle bydraes in te stuur vir oorweging of sommer net saam te gesels.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you