Tuin kamers is hoe ek tuinmaak

Tuin kamers is hoe ek tuinmaak as ‘n beginner tuinier. Ek vind die verskeidenheid van verskillende tipes tuine verfrissend en opbouend.

Tuin kamers is hoe ek tuinmaak

Tuine uit my kinderdae.

My Ma was ‘n ywerige tuinier en haar tuin het selfs in die tydskrif Gusto verskyn. Fenomenaal. Vrou van formaat. Sy het groente,vrugte,blomme en struike vermeng reg rondom die huis. ‘n Groot kothuis tuin dalk? Dis hoe meeste mense daardie tyd tuingemaak het. Nadat my Ma uit haar groot huis getrek het, het sy die groente en vrugte laat gaan en meer gefokus op fyntuin met blomme en nogmaals blomme. Voor en Agter. So mooi

Tuin kamers is hoe ek tuinmaak

Ek is ‘n middeljarige beginner tuinier. Die dag toe ek besluit het om tuin te maak het ek my tuin bekyk: Voor, agter en weerskante van die huis. Die een gedeelte kry meer son as die ander, ‘n ander gedeelte is groter en ‘n ander gedeelte het vol plaveisel. En net daar begin die navorsing: artikels word gelees en video’s gekyk. Ek lees van tuin kamers en dadelik vind ek aanklank. Dit klink aanloklik en selfs opwindend. Dadelik begin ek my tuin kamers beplan en ontwerp. Vyf tuin kamers maak hulle buiging en is in wording.

Die kothuis tuin kamer

‘n Kothuis tuin is romanties, sagte kleure, geure en baie plante in een ruimte. Volgens die definisie van kothuis tuine word daar melding gemaak daarvan dat elke stukkie van die grond beplant moet wees en geordende chaos met verskillende teksture en kleure. By my skuifdeur het ek ‘n lang reghoek stuk onder vol plaveisel. Vir jare was dit ‘n seer oog en dit is die gedeelte van my huis waar my sitkamer geleë is. En net daar besluit ek dat dit my kothuis tuin gaan word. Dit behels egter dat ek genoeg potte moet hê om die plaveisel toe te maak en dit is ‘n uitdaging. Plastiek potte bars maklik en gou in die son en dit beteken dat die potte dikwels vervang moet word, derhalwe het ek op sement potte besluit.

Die binnehof vetplant tuin kamer

Hierdie tuin kamer is geleë by die wasgoed draad in vol son met sement en klippies. Daar is min oop tuin spasie. Dit is die ideale gedeelte vir ‘n vetplant tuin.

Die tropiese tuin kamer

Geleë aan die agterkant van die erf hierdie gedeelte kry min son en is klam en meer geskik vir plante wat hou van koelte en klam grond. Dit is hier waar varings, strelitzias, varkore, lelies, vleigras, clivias, palms en ander. Dus ‘n tipe tropiese tuin met ‘n Suid Afrikaanse aanraking. Dit sluit ook in ‘n kuier en meditasie hoekies. Dit gaan ‘n heerlike somer kuierplek wees.

Die groente en vrugte tuin kamer

Dis geleë aan die teenoorgestelde sykant van die skuifdeur. Dit is min of meer dieselfde grote alhoewel dit minder son kry. Hier gaan groente en vrugte geplant word wat meestal eie is aan die Wes Kaap soos die kei appel, die gooseberry en ander.

Die kruie tuin

‘n Kruie tuin by die agterdeur. Wat kan nou beter wees? ‘n Buite kombuis natuurlik. Hierdie tuin is gedeeltelik geplavei met ‘n ander gedeelte oop grond en ‘n ingeboude sement tafel. Sommige somer aande kan mens dalk hier buite eet en kuier.

My tuin kamers is nog in wording. Ek werk hard daaraan om dit teen die einde van die jaar 2021 ‘n werklikheid te maak. Vertel bietjie hoe julle tuinmaak.

2 Comments

  1. Chrisna Lemmer

    16 October 2023 at 9:57 am

    Hallo Amanda
    Net ‘n paar woorde om dankie te sê dat jy jou hart en kennis met ons deel. Ek lees graag alles wat jy skryf.
    Groete.

    1. Amandaskrywer

      17 October 2023 at 7:38 pm

      Crisna baie dankie vir jou mooi woorde. So bly om te hoor dat jy my skryfsels geniet. Dis altyd lekker om te hoor en dankie vir jou ondersteuning. Dit beteken baie.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.