Die Internet is nie vir almal
Die Internet het my lewe meestal verryk vandat ek in 2000 die kuber wêreld betree het. Daar is egter ook ‘n donker kant en die Internet is nie vir almal nie.
Voor sosiale media
In 2000 was die Internet ‘n gemaklike, onuitputbare bron van inligting en vermaak. Dit was voor sosiale media alles oorheers het. Ek dink baie met nostalgie terug daaraan. Dit was ‘n wonder wêreld van webtuistes waarvan Britney Spears se World of Britney uitgestaan het bo die res. Aangesien daar nie sosiale media was nie het mense meestal op die Forums van die webtuistes gekuier of e-posse gestuur.
Behalwe die bekendes se webtuistes was daar ook webtuistes vir Lego, Biblioteke, Besienswaardighede regoor die wêreld en nuusblaaie. Alhoewel daar hier en daar iemand was wat lelik was met ‘n ander is hy of sy vinnig vasgevat en verjaag. Dit was egter in die minderheid.
Sosiale media se koms
Sosiale media het alles verander. Webtuistes is nie meer die primêre bron van inligting of vermaak nie. E-possse en Forums is nie meer so belangrik nie en elke Jan Rap en sy maat het nou toegang tot die Internet en sosiale media. Die Internet het baie verander sedert 2000. Daar is nou tonne meer inligting en vermaak op die Internet en dit is goed so. Ek is veral bly oor Suid Afrika se mense wat ook die Internet omarm en geniet.
Die Internet is nie vir almal nie
Alhoewel sosiale media ‘n groot rol te speel het in die lelike kant van die Internet, is daar volgens my mense wat nie op die Internet hoort nie. Daar is ongelukkig mense wat nie omgee wat hulle sê of doen op die Internet nie en ek skryf dit toe daaraan dat daar bykans geen gevolge is teen internet boelies en soortgelyke nie. Dis ‘n balanseer toertjie. Dis ook so in die lewe buitekant die Internet. Meeste mense respekteer ander en kan by basiese reëls hou sonder om ingeperk te word. Dan is daar ander wat definitiewe wette met die nodige gevolge nodig het om in die samelewing te kan funksioneer. Daar is ook ‘n derde groep wat by geen reëls hou nie en moeilikheid maak orals waar hulle kom en dis hierdie groep wat geen toegang tot die Internet moet hê nie. In die perfekte wêreld moet sulke mense permanent verban word van die Internet.
Onlangs het die sanger Manie Jackson ook die prooi geword van ‘n Afrikaanse boelie toe die hom beskuldig het dat hy egosentries is, sy vrou se siekte fake news is en nog ander lelike dinge. Ek was verstom oor die afguns en ongevraagde kommentaar. Ja hy is ‘n bekende persoonlikheid. Dit gee egter niemand die reg om in sy karakter in te klim en sy vrou te beswadder nie. Manie het die vrou egter op ‘n ordentlike wyse goed laat verstaan dan daar gedrag nie aanvaarbaar is nie en haar toe geblok.
Die oplossing
Hoe stop mens ‘n buite beheer Internet trein? Internet Polisie? Databasis met elke Internet gebruiker se besonderhede? Wat dink julle? Kom ons gesels en debatteer ‘n bietjie.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you