Corona dagboek week 9

corona dagboek week 3

Corona dagboek week 9: Sondag 10 Mei 2020 – Saterdag 16 Mei 2020

Sondag 10 Mei 2020

S.A. Infeksies: 10 015 Sterftes: 194

Dis Moedersdag en die wêreld se mense is tans “vervreemd” van mekaar. Elkeen op sy eie. Dis ‘n spesiale dag vir die Ma’s van die wêreld en baie Ma’s was vandag alleen as gevolg van die inperking

Ons Ma

Ek en my susters het probeer om dinge vir my Ma spesiaal te maak al is sy toegesluit in haar ouetehuis. Hulle mag geen besoekers ontvang nie. Ons drie dogters het my Ma gebel en sommer opgewekte gesprekke gevoer terwyl ons ook videos en boodskappe op Whattsup gestuur het. Ma sukkel nog bietjie met die Whattsup ding wat sy whatchup noem. Een van ons bel dan my Ma en vertel haar hoe om die videos en voicenotes oop te maak en te kyk en luister. Nietemin het sy al die spesiale dinge geniet al kon ons nie vir haar hierdie jaar blomme of geskenke gee nie. Dit is ook die eerste keer wat sy stoksiel alleen is op Moedersdag.

DANKBAAR

  • My Ma wat 3 dogters alleen groot gemaak het
  • Dankbaar vir my goeie verhouding met my Ma en susters
  • Middagete buite in my tuin

Maandag 11 Mei 2020

S.A. Infeksies: 10 652 Sterftes: 206

Die oggend het stil en rustig begin. Ek het met Millie gaan stap en amper my masker vergeet. Middagete is in my mooi kuier hoekie in my tuin genuttig. Ek het bietjie op die bank in die sitkamer gaan lê om ‘n middagslapie te vang. Skielik het die geluid van grassnyers my wakker gemaak. Die tuindienste is terug. Hulle mag blykbaar weer van vandag af begin werk. ‘n Stukkie normaliteit het sy terugkeer gemaak.

DANKBAAR

  • Aanlyn oefen programme
  • Die lui herfs sonnetjie in my tuin
  • Pienk kruie potte wat my kombuis ophelder

Dinsdag 12 Mei 2020

S.A. Infeksies: 11 350 Sterftes: 206

Vandag is die weer so ietwat bewolk met ‘n reënbui wat so nou en dan geval het. Ek was bietjie lui vandag en het ‘n paar keer ‘n vinnige slapie ingepas. Dit was net te lekker om bietjie snoesig onder die kombers op die bank in die sitkamer te lê.

DANKBAAR

  • Ek het oneindige geduld soms tot irritasie van ander
  • Voorskrif leesbril wat dinge net soveel makliker maak.
  • Vars kruie uit my eie tuin

Woensdag 13 Mei 2020

S.A. Infeksies: 12 074 Sterftes: 219

Nog ‘n triestige dag. Nog ‘n dag binnehuis. My volgende projek is om boekrakke te bou vir my voorhuis. Ek het baie boeke en dis als opgestapel in my gaste kamer. Ek doen graag my eie rennovasie projekte . Ek het vir myself ‘n spens gebou en my hele kombuis op my eie oorgedoen. Dis goeie medisyne vir die siel.

DANKBAAR

  • Pragtige pers blomme tydens my en Millie se staptog vroegoggend
  • Vars vrugteslaai op ‘n koel herfsdag
  • Warm kouse aan koue voete

Donderdag 14 Mei 2020

S.A. Infeksies: 12 739 Sterftes: 238

Ek is kliphard aan die beplan vir my sitkamer se boekrakke. My kop werk oortyd met al die idees. Ek beter my houthuisie uitpak en regpak en kyk watse hout ek het en ‘n lysie maak van wat ek nodig het.

DANKBAAR

  • Gort en lensie sop – verkwikkend
  • Om vrylik te kan asem haal
  • ‘n Oond waarin ek kan bak en brou

Vrydag 15 Mei 2020

S.A. Infeksies: 13 524 Sterftes: 247

Vrydae aande in lockdown is soos kunstefees met al die kunstenaars wat lewendige vertonings aanlyn doen. Vanaand het ek Andre Swartz, Desmond Wells en Queen gekyk. Ontsnapping van die virus met die gepaardgaande stres en onsekerheid.

My Moeder sukkel weer vandag met die eensaamheid en die toegesluit wees in die ouetehuis. Dis erg vir hulle.

DANKBAAR

  • Lockdown konserte – ek is gek daaroor
  • Plante en blomme
  • Mense wat nuwe resepte uitdink.

Saterdag 16 Mei 2020

S.A. Infeksies: 14 355 Sterftes: 259

My kruie tuin kom nou mooi aan. Ek het so ‘n paar maande gelede ‘n tuinbou oggend deur Tanya Visser by ons Builders bygewoon en baie dinge geleer tydens die 2 uur sessie en vandag het daardie kennis handig te pas gekom toe ek die kruie moes pamperlang met ekstra voeding. Dis altyd lekker om tussen my kruie te werk. Vir aandete het ek uit blomkool ‘n pizza gemaak wat heel lekker uitgekom het. Dis altyd lekker om nuwe smake uit te toets.

DANKBAAR

  • My kruie wat my soveel plesier verskaf
  • Haarrekkies waarmee ek my Corona haredos kan tem
  • Plunger koffie van Brasilië

Gesels saam

COVID 19 – Suid Afrika

Het jy iets op die hart? Gesels saam

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: