Geluk, dis Moedersdag
Geluk, dis Moedersdag
Hierdie jaar vier ons Moedersdag ietwat anders met die nasionale inperking steeds met ons en die wêreld se mense beperk tot hulle onderskeie lande.
Moedersdag se oorsprong
Die gedagte aan ‘n spesiale dag het sy ontstaan gehad by Ana Jarvis van Amerika in 1908 waartydens sy haar eie Ma se geëer het. Dit was nooit haar bedoeling dat die dag deur die jare in so ‘n spektakel en geldmaak foefie moes ontaard nie. Haar idee was eerder dat alle Ma’s deur hulle kinders op ‘n spesiale dag geëer moes word.
Moedersdag deur die jare
Deur die jare het Moedersdag ontaard in ‘n geldmaak sirkus met winkels wat probeer het om beter as die ander te wees. Daar was teddies, blomme, sjokolade in alle vorms en prys klaste.
Coronavirus steel Moedersdag
Die jaar 2020 sal in die geskiedenis boeke opgeteken word as die jaar wat die wêreld tot stilstand gekom het en geen openbare feesvieringe toegelaat was nie. Tydens my weeklikse inkopiedag die afgelope Donderdag was dit opmerklik dat daar niks in die supermarkte was wat Moedersdag 2020 vier nie. Geen spesiale teddies met I love you Mum, geen spesiale Moedersdag ruikers of mooi boksies met sjokolade is te koop nie. Die atmosfeer in die winkels is somber en elkeen doen net vinnig hulle inkopies en gaan weer huis toe. Niemand weet hoe Moedersdag volgende jaar sal lyk nie.
Moedersdag tydens Coronavirus
Verskeie mense veg om hulle lewens in ICU regoor die wêreld en onder hierdie noodgevalle is ook Ma’s en Oumas. My hart gaan uit na hulle en hulle geliefdes. Daar is ook Ma’s in ouetehuise, toegesluit om hulle veilig te hou met geen fisiese kontak van hulle geliefdes nie. Ek kan net bid dat die Personeel iets spesiaals vir hulle sal doen. Dan is daar die Ma’s wat alleen in hulle huis of woonstel woon en ander Ma’s wat saam met hulle kinders woon.
Dis Moedersdag
Dit maak nie saak wie jou Ma is en waar sy haar tans bevind nie, wat saak maak is dat ons steeds Moedersdag kan vier, hierdie jaar sonder al die “bells and whistles” soos die Engelse graag sê. Tel die foon op en bel jou Ma, stuur ‘n soen en druk van ver af en vier die Ma in jou lewe.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you