Amandaskrywer Nuusbrief uitgawe 7 van 2021
Amanda verwelkom jou
‘n Hartlike welkom aan elkeen van julle en geniet Amandaskrywer Nuusbrief uitgawe 7 van 2021. Dankie vir julle ondersteuning en positiewe terugvoer – nie net op die Nuusbrief nie maar ook op die Naguil. Julle belangstelling en deelname word waardeer. Dankie.
Nuutste inskrywing
Hierdie week se plasing handel oor Jy kan nie vir jouself jok nie. ‘n artikel oor hoe ons dikwels vir ander kan jok maar nie vir onsself nie. Dis asof ons in twee wêrelde leef. ‘n Vals realiteit.
Webblad
Die webblad is opgedateer tot die nuutste wordpress pakket.
Alle inskrywings is op datum gebring
Verskeie skakels wat nie gewerk het nie is herstel
Die Naguil roep
Bertie is ook terug met mening. Die naguil mini koerant verskyn elke Woensdag en bevat talle skakels na artikels/video’s en musiek wat julle die lesers se aandag sal prikkel. Bertie werk hard om vir sy lesers stories te bring wat in ‘n wye smaak val.
Onthou
COVID 19 is steeds met ons. Ons durf nie ons waaksaamheid verslap nie. Inenting teen die virus blyk ‘n sensitiewe kwessie te wees. Ek gaan myself laat inent en my opinie is dat daar meer wetenskaplike bewyse is dat die inenting keer dat mens dodelik siek word van die virus as wat die inenting mense soos vlieë laat doodgaan. Ek glo nie aan al hierdie “conspiracy” stories wat die rondtes doen nie.Elkeen is geregtig op sy eie opinie.
Engelse Webblad
Let’s make tea is my ander webblad in Engels. Besoek dit gerus vir die nuutste artikels. Let’s make tea is ‘n webblad waar oor alledaagse dinge gesels word asook dinge van Internasionale belang. In teenstelling daarmee is Amandaskrywer gemik op Afrikaans sprekendes en Suid Afrikaanse belange.
Groete uit die Tuinroete. Mag al jou drome waar word en jou drake verslaan word. Tot volgende keer.
Amanda
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you