Nuusbrief 1 van 2021
Welkom by die Amandaskrywer Nuusbrief 1 van 2021
Hallo julle almal. Ek hoop julle het ‘n goeie week gehad en dat die volgende week vol avonture sal wees. Ons het lieflike reën gehad en ek kon bietjie in die tuin werk en onkruid uittrek.
Opwindende nuus
Die nuwe mini koerant Die naguil het amptelik sy buiging gemaak op Woensdag 17 Maart 2021. Ek is baie opgewonde oor hierdie nuwe toevoeging tot die Webblad. Die Naguil kan gratis van Woensdae af op die webblad gelees word. Hy sal weekliks verskyn. Daar is heelwat nuwe lees en kykstof in vervat. Maak jouself gereed om na vreemde lande te reis vanuit die veiligheid van jou eie huis.
Webblad
- Daar is bietjie verbeteringe aangebring aan die webblad. Ten eerste is daar ‘n bladsy oopgemaak vir die nuwe Naguil mini koerant. Die skakel is op die boonste kieslys net na die nuusbrief skakel aangebring. Elke uitgawe van die Naguil sal ook op hierdie bladsy gelys word vir vinnige opsporing.
- Die Dagboeke skakel op die onderste kieslys is verander na Dagboek en wanneer jy op die skakel kliek is al die inskrywings vir die dagboek onder hofies gelys.
Nuwe inskrywings
- Die eerste uitgawe van die nuwe mini koerant Die Naguil het Woensdag verskyn.
- Sondag se plasing handel oor alles Omtrent skryf. Dit bevat handige inligting oor al die verskillende maniere waarvoor skryf handig is asook hulpmiddels soos boeke wat jou kan help met jou skryfwerk.
- Daar is ook ‘n interessante brokkie oor die Afrikaanse boeke wat die beste verkope lys gehaal het. Dit gee jou ‘n goeie idee hoeveel boeke elke skrywer verkoop en watter tipe boeke die gewildste is.
Onthou
Daar is altyd hoop. Moenie moed verloor nie. Wees dankbaar. Kry jou krag en hulp van Bo. Bid gereeld en maak die beste van elke dag.
Mooi loop
Amanda
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you