Afrikaans is nie eg Suid Afrikaans

Afrikaans is nie eg Suid Afrikaans
Afrikaans is nie eg Suid Afrikaans nie het aktiviste onlangs tereg gewys. Swart, Kleurling en selfs Blanke Suid Afrikaners. Die hele polemiek het oor die Afrikaanse taalmonument gegaan wat in 1975 geopen is.
Sekeres wou die monument en Afrikaans vir hulleself annekseer. “Hokaai” het ander geskree. Afrikaans is ons s’n . So erg was die onmin dat ander voorgestel het dat dit slegs die Taalmonument moes heet.
So, wat is die waarheid?
Afrikaans het ‘n lang ryk geskiedenis. Hollands het saam met Jan van Riebeeck in 1652 in die Kaap aan wal geloop. Selfs voor dit het dialekte van Afrikaans in verskeie Afrika lande bestaan. Europese lande het ook konneksies met Afrikaans soos byvoorbeeld Belgie en Duitsland. Die Maleiers aan die Kaap het hulle eie tipe Afrikaans wat eie aan hulle is. Dit is weliswaar so dat daar verskeie tipes Afrikaans in Suid Afrika gepraat word.
Dan is daar ons
Wie is ons? Afstammelinge van die Boere krygers. Meestal afkomstig van Holland. Lord Kitchinger het na ons verwys as “Common white people who speak a weird language”. Aanvanklik het ons Hollands gepraat maar mettertyd het ons eiesoortige Afrikaans ontwikkel. Nadat ons onafhanklik van Holland geword het, het ons Voorouers hard gewerk om Afrikaans te skep en te ontwikkel wat so eie aan Suid Afrika is as braaivleis en boerewors. Digters en Skrywers het meegehelp om Afrikaans teslyp tot waar dit vandag is. Afrikaans
Brittanica verduidelik Afrikaans
Although Afrikaans is very similar to Dutch, it is clearly a separate language, differing from Standard Dutch in its sound system and its loss of case and gender distinctions.
Ter afsluiting
Afrikaans is die taal wat vir Wes-Europa en Afrika verbind… Dit vorm ‘n brug tussen die groot helder Weste en die magiese Afrika… En wat daar groots aan hulle vereniging kan ontspruit – dit is miskien wat vir Afrikaans voorlê om te ontdek. Maar wat ons nooit moet vergeet nie, is dat hierdie verandering van land en landskap as’t ware aan die nuwe wordende taal geslyp, geknee, gebrei het… En so het Afrikaans in staat geword om hierdie nuwe land uit te sê… Ons taak lê in die gebruik wat ons maak en sal maak van hierdie glansende werktuig… — N.P. van Wyk Louw
Reis verder
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Kosreise met resepte en kos stories
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Bou jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

scrapydo2.wordpress.com
21 March 2025 at 10:53 pmWeet jy Amanda, as Hollands gebore Afrikaans sprekende het ek gevind dat Flaams baie nader aan Afrikaans is as selfs Hollands. Daar is ‘n groot verskeidenheid nasies, met hul eie oorspronklike tal, wat vroëer reeds Afrikaans begin vorm het. Dis ook soos jy noem dat vandag se Afrikaanssprekendes is steeds besig om die taal te verdiep en te verbreed. Dis goed dat daar gedurig bygevoeg word.
Amandaskrywer
22 March 2025 at 6:35 pmDankie vir jou deelname aan die gesprek. Dit word waardeer. Ja daar is soveel fasette aan Afrikaans en dis wat die taal so mooi maak. Dit is inderdaad so dat Flaams baie naby aan Afrikaans is.