Roomys in ‘n kits

0
(0)

RESEP DEUR

SA piesangraad

OPMERKINGS

Vinnig om te maak

Titel:

roomys in 'n kits
oplus_32

Roomys in ’n kits sonder room, kondensmelk en ’n roomys masjien. Te goed om waar te wees? Ek het ook so gedink totdat ek die boek Prakseer met piesangs by ’n wit olifant tafel opgetel het vir R5. Die boek is saamgestel deur die Suid-Afrikaanse Piesangraad in 1970 en 3 keer herdruk. Dit wys jou net hoe gewild hierdie resepteboek was en steeds is – by my altans. Net so terloops – die Piesangraad bestaan ongelukkig nie meer nie dus is hierdie boek eintlik baie kosbaar.

Nou wat het ’n piesang resepteboek te doen met Roomys?

Wel, in die boek is  onder andere ’n maklike resep vir roomys. Dit is goedkoop en maklik om te maak en jy kan enige bestanddele daarin sit waarvan jy en jou gesin hou. So hier is dit nou.

Bestanddele:

  • 500 mℓ melk
  • 250 mℓ versiersuiker
  • 250 mℓ melkpoeier (Creamel werk lekker)
  • 2 mℓ vanielje-essens
  • 2 piesangs geskil en in stukkies gesny

Metode:

  • Meng al die bestanddele saam en gooi in bakkies
  • Vries oornag

Wenke:

  • Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
  • Wees kreatief met variasies van die oorspronklike resep. Berries, suurlemoen en lemoen en my kleinkinders se gunsteling: Sjokolade – dit is ryk en romerig.
  • Vir sjokoladeroomys:
  • Verander die versiersuiker na 200ml en voeg 50 mℓ cacao by om 250 mℓ vol te maak
  • Gooi sjokolade splinters (of rasper ’n sjokolade) onder in die bak
  • Gooi die res van die mengsel bo-oor
  • Sprinkel sjokolade bo-op
  • My gaste is gaande daaroor – kinders sowel as volwassenes. Hulle sê dit proe soos egte Italiaanse roomys.
  • Die moontlikhede is net oneindig. Jy kan ook gewone wit roomys maak met opgesnyde kersies in of opdien met karamel of bessie sous.
  • Vir die kleintjies maak ek stokkie roomys of maak dit in ’n roomys bak. Dit word sommer gou-gou opgeëet.

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops

KERSIES

5/5

OPMERKINGS

Goedkoop, maklik en lekker

Reis verder:

  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads