Wysheid in die grysheid

Wysheid in die grysheid is iets wat my Ouma altyd gesê het wanneer ek sou vra: Hoe weet Ouma dit? Ek was nog ’n kind dus het ek die woorde nie heeltemal verstaan nie. Ek is nou self ’n Ouma en nou is my kleinkinders verwonderd oor my sogenaamde wysheid.

Wisdom is generally defined as accumulated learning i.e. knowledge, ability to discern inner qualities and relationships, insight, good sense and judgment. These qualities are gained and enhanced through experience. Life experiences alone give older people an edge in the arena of wisdom.

Ouma hoe het jy so slim geword?

My kleindogter het met blink oë na my opgekyk en dit vir my gevra. Soveel liefde. Ek het my bes gedoen om te verduidelik dat mens mettertyd slim word soos jy ouer word en dit het my laat terugdink aan die besluite wat ek geneem het in my prille jeug.

Ek was pas 19 toe ek my toekomstige man (21) ontmoet het. Hy het ’n motorfiets gehad. Ons was albei in die Polisie en skofte het beteken dat ons soms op onmoontlike tye af was. Een keer het ons op sy motorfiets geklim met ons swemklere en lagoon toe gery. Hy kaal bolyf en ek met net ’n eenstuk swembroek agterop die motorfiets. Ons het darem helmets aangehad. Vandag sidder ek wanneer ek dink aan wat als verkeerd kon gaan. Dankie, vir ’n Ma wat sonder ophou gebid het vir haar spruite.

Daar was ook vele geld foute totdat ek die finansies onder beheer gekry het

Wysheid in die grysheid is eintlik ’n ware beskrywing. Daar is nie ’n mens wat met al die wysheid gebore word nie – ons kry dit soos ons deur die lewe beweeg. Ek hunker nie na my jeug nie – ek geniet die rustigheid en wysheid wat die ouderdom bring

The old believe everything, the middle-aged suspect everything, the young know everything. – Oscar Wilde

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.