Naguil koerant 6 van 2024

Beste leser

Welkom by Naguil koerant 6 van 2024. Die winter is besig om sy intrek te neem met hier en daar steeds sonnige dae net om ons te herinner dat die winter net ’n tydelike rusplek is voor die sprankel en kleurvolle lente.

“Winter is a season of recovery and preparation.” — Paul Theroux

Die winter gee my permissie om voorraadopname te neem van my lewe en die take wat aangepak moet word om my en ander se omstandighede te verryk en te verbeter. Die bome sonder blare lyk of hulle dood is en tog is hulle steeds daar – hulle rus net in die winter.

Mag elkeen van julle ’n ruskans neem hierdie winter. Geniet die rustigheid wat die winter bring. Boeke, warm sjokolade drankies, kerrie-en-rys en warm poedings.

“Winter is the time for comfort, for good food and warmth, for the touch of a friendly hand and for a talk beside the fire: It is the time for home.” —Edith Sitwell

Elke maand kyk ons dieper na ‘n skrywer- bekend of onbekend

Jan Spies (1936-1996)

Jan Spies is in Namibië gebore waar hy ’n plaasskool bygewoon het totdat hy na Hoërskool Windhoek is. Na skool het hy onderwys studeer en later Afrikaans doseer aan ’n Indiër kollege. Jan het verskeie boeke geskryf waaronder Spieserye, Die antie met die pienk rok en Poort deur die koue. ’n Man van vele talente – Jan was veral bekend en geliefd as storieverteller op TV-programme soos Maak ’n las. Jan Spies is in 1996 op die ouderdom van 59 oorlede na ’n reeks ongelukke oor ’n tydperk van 2 jaar.

musiek kollig

Die musiek kollig val hierdie maand op October Rain gesing deur Eden Golan. Die pragtige lied is geskryf vir die Gyselaars van 7 Oktober 2023. Meer as 100 gyselaars word steeds deur die Hamas terroriste in Gaza aangehou. Eden se emosionele sang wat gepaard gaan met visuele beelde van die gyselaars en ’n groot skare mense in Tel Aviv is ’n belewenis om te sien.

video kollig

Die natuur en voëls. Hierdie video is die spog album van die wêreld se beste voël Fotograwe. Sit agteroor en geniet die mooi.

  • Londen se jongmense sukkel om bekostigbare huisvesting te bekom. n Kunstenaar het egter ’n plan gemaak en ’n uitsonderlike woonplek geprakseer. Dit lyk nogal glad nie te sleg nie.
  • ’n Paartjie in Amerika het ’n groot geluk getref toe hulle ’n skatkis uitgeduik het. Binne die skatkis was ’n skat wat vir Jack Sparrow laat grynslag het. Benewens die skat was daar ook ’n teleurstelling.
  • Geld wat stom is maak reg wat krom is.  Genade tog, wat sal mense nog mee vorendag kom? Louis Vittone het pas sy nuutste stewels bekend gestel en dis wel – interessant daarom mooi te plooi.
  • Wat het kersies, 250 jaar en voormalige Amerikaanse President George Washington in gemeen met mekaar? Dis nou wraggies ’n raar maar waar storie.
dieresake

Die Oseane is vol gemors – plastiek, blikkies, papiere. ’n Groep duikers het ’n walvis onder die water gewaar wat nie sy bek kon toemaak weens al die gemors nie. Een brawe vroue duiker het nader geswem en die reuse- dier gehelp.

grapjas

Ons almal ken die storie van Popeye – daardie outjie wat groot en sterk word wanneer hy spinasie eet. Hierdie man se dogter het begin werk by Popeyes in Amerika. Kyk wat gebeur wanneer die Pa aantrek soos Popeye en die Restaurant Popeyes besoek waar sy dogter werk. Tyd vir lekker lag.

Tuin praaitjies is n nuwe byvoeging tot die Naguil koerant waar ons gesels oor plante en blomme, mooi tuine van regoor die wêreld.

  • Elke huis het ’n stukkie grond in die koelte waar niks wil groei nie. Tanya Visser is Suid-Afrika se tuin kundige en in hierdie video vertel sy ons hoe om in die koelte tuin te maak en die plante wat floreer in skadu.
ou boek kollig

Jan Spies se boek Spieserye is in 1988 gepubliseer en is ’n versameling van die bundels Pilatus tot molshoop (petaljes met motors), Poort deur die koue (verpleegsters, boere en bobbejane), Profeet met kondensmelk (Baasjagters, Voorsingers, Spoke en Spekskieters  en Pille vir servette (Verskillende karakters – koddig, beminlik en die vindingrykes.

nuwe boek kollig

Draaie, swaaie en afdwaalpaaie: reisstories. Corlia Fourie, Annelize van Rooyen. Uitgegee deur NB uitgewers

Reisstories deur 46 skrywers – onder andere Marita van der Vyver, Kirby van der Merwe, Sophia Kapp, Jacques Pauw, Irma Joubert, Julian Jansen, C. Johan Bakkes, Kerneels Breytenbach, Bettina Wyngaard and Frederik de Jager.

Die verskillende skrywers vertel van hulle belewenisse tydens hulle vele reise. ’n Fees van leesgenot.

Kosreise vervang die die vinnige resepte in die Naguil koerant. Kosreise is n nuwe webblad uit die pen van Amanda met resepte, kosstories, treinstories en kosstories van Suid Afrika na verskeie ander lande. Ons maak fynproewer kos in ons eie kombuise en leer nuwe resepte en idees.

  • Bak jou eie Gesondheidsbroodjie
  • Hierdie gesondheidsbroodjie is maklik en vinnig om aanmekaar te slaan. Dis vullend en smaaklik.
  • ’n Spinasie en Feta Quiche is net die bykos vir ’n koue wintersdag
  • Spinasie en Feta quiche met ’n kaas kors sal jou gaste laat smeek vir nog ’n porsie. Hierdie resep is as ’n uitknipsel gevind tussen ander papiere.
bybel vers

Op ‘n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” Joh. 8:12

Wanneer mens gekonfronteer word met ’n ernstige siekte kan ons verval in angs en depressie of ons kan hoop vir ander gee. Dis presies wat Mark
Gregory
’n tuin spesialis gedoen het nadat hy maande in ’n N.H.S. hospitaal
moes deurdring. Die tuine was oorgroei en onversorg. Na Mark se ontslag uit die
hospitaal het hy sy tuin talent en vernuf gebruik om die staatshospitale se
tuine te omskep in tuine van hoop.

Daar is baie potensiële skrywers daarbuite wat ’n hupstoot nodig het sodat hulle drome kan vlerke kry.

Die Naguil koerant is ‘n aanlyn koerant wat maandeliks gratis op die webblad verskyn. Kliek op die blou skakel in die storie en dit sal jou neem na die oorspronklike storie.


2 Comments

  1. scrapydo2.wordpress.com

    1 July 2024 at 8:07 am

    Draaie swaaie en afdraai paaie – klaar gelees en regtig die moeite werd. Ek hou van jou koerant en artikels.

    1. Amandaskrywer

      1 July 2024 at 6:37 pm

      Dit is voorwaar ‘n goeie boek om te lees. Dankie vir die kompliment

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.