Waar is die sneeu?

Waar is die sneeu?
Waar is die sneeu dan vir ‘n wit Kersfees? Wel, in die Suidelike Halfrond is dit somer in die Kerstyd en dis waar ons geleë is. Saam met ons is ander Afrika lande, Australia, New Zeeland, Fizi, Brasil om net ‘n paar te noem. Ons almal deel die son, see en buitelewe tydens die Kersseisoen. Slegs 33 van die wêreld se 195 lande is in die Suidelike Halfrond.
Terwyl die eerste sneeu die feestyd aanmeld in die Noordelike Halfrond word die feestyd binne gelei deur die TV advertensies en aankondiging van plaaslike Kersmarkte.
Die Kers films gaan altyd oor Kersfees en sneeu en dis betowerend. Ek wonder soms hoe dit moet wees om ‘n wit winter Kersfees te beleef. Familie en vriende rondom die kaggelvuur. Speletjies binneshuis en almal in winter nagklere met kersmotiewe. Dit klink te lekker. Ek kan my ook verkyk aan die Kers optogte deur die strate en die ysskaats bane veral die ene in New York.
Bing Crosby sing tog so mooi I’m dreaming of a white Christmas en ek wens ek kon dit ook een keer ervaar….
Gelukkig het Suid Afrika ook nou begin met Kersfees nagklere en dis net so lekker feestelik. Dis wel net te warm om heeldag binneshuis te bly in jou nagklere. ‘n Somer Kersfees het sy eie voordele en genietinge soos braai, son en see en natuurlik die kersliggies en kers markte.
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment