Kersfees 1914

0
(0)

Kersfees 1914

Kersfees 1914 was baie spesiaal. ‘n Wonderwerk wat op film vasgele is. Mense praat steeds daaroor en dit na meer as 100 jaar. So wat het 1914 so spesiaal gemaak?

Die eerste wêreldoorlog het 6 maande vantevore begin

The Western Front, a 400-plus mile stretch of land weaving through France and Belgium from the Swiss border to the North Sea, was the decisive front during the First World War. Whichever side won there – either the Central Powers or the Entente – would be able to claim victory for their respective alliance.

Op die westelike front was Duitsland en Brittanje in hewige gevegte betrokke in loopgrawe skaars 500 meter vanmekaar. Toestande was haglik, proviant min. Die gedeelte tussen die loopgrawe het bekend gestaan as no man’s land (niemands land) en dis waar iets baie spesiaal gebeur het.

Kersfees 1914

Oukersaand van daardie jaar het dit gesneeu aan die westelike front. Die soldate was nat, koud en honger en die moraal laag. Hulle het verlang na hulle families en vriende. Die duitsers se Kersfees vieringe is groot op oukersaand. Koningin Victoria van Engeland het vir die Britse soldate sjokolade na die oorlog gestuur. Die Britse en Duitse soldate het nie lus vir oorlog nie – hulle wil by die huis wees.

Ewe skielik hoor die Britse soldate ‘n bekende Kersfees lied. ‘n Duitse soldaat staan op uit die loopgraaf en met sy pragtige tenoor stem sing hy uit volle bors. Alhoewel die Britse soldate nie Duits verstaan nie is die wysie onmiskenbaar.

Een na die ander staan die Britse en Duitse soldate uit die loopgrawe op. Die gewere het stil geword. Hulle stap mekaar in niemandsland tegemoet. Hulle deel sjokolade, proviand, wyn en bier met mekaar en verklaar ‘n skiet stilstand sodat almal kan Kersfees vier.

‘n Foto wat geneem is van Britse en Duitse soldate tydens daardie wonderwerk Kersfees.

Die volgende dag (Kersdag) speel hulle sokker teen mekaar, eet en drink saam en maak kersversierings uit blare en papiere. Dan begrawe hulle mekaar se afgestorwenes en ween saam.

Kort daarrna is gevegte hervat. Die wonderwerk tydens Kersfees 1914 word egter steeds onthou.

Wie was die Duitser wat die eerste noot gesing het?

Walter Kirchhoff was ‘n professionele opera sanger wat in die Duitse weermag diens gedoen het. Hy was die man wat daardie oukersaand uit die loopgraaf opgestaan en begin sing het.

Na die oorlog het hy teruggekeer na sy loopbaan as sanger en groot sukses behaal. Na sy aftrede het hy sanglesse gegee.

Hy was ‘n beskeie man wat nie krediet wou neem vir die skietstilstand nie.

In Maart 1958 is Walter in die ouderdom van 72 jaar oorlede.

Die lied wat oor die vlaktes weergalm het

Stille nag, heilige nag was die onmiskenbare pragtige Kersfees lied wat 2 stelle soldate van verskillende lande bymekaar gebring het op ‘n koue oukersaand meer as 100 jaar gelede.

Geseënde Kersfees vir elkeen van julle!

Reis verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads