Hou verby toeriste

0
(0)

Hou verby toeriste

reisstories toeriste

Hou verby toeriste. Dis nie my woorde nie. Eerder die plaaslike mense van Spanje, Italie, China wat moeg is vir toeriste. Dis egter nie al lande wat beswaard is oor die toeriste nie. Die plaaslike bevolking van die verskillende lande het genoeg gehad en hulle protesteer.

Die klagtes

  • Die besoekers het geen respek vir hulle kultuur, mense en historiese geboue nie. In Rome het besoekers dele van die Coloseum afgebreek. In Saudi Arabia het besoekers dronk geraak met ingesmokkelde drank en was beledigend teenoor die plaaslike inwoners.
  • Plaaslike inwoners kan nie hulle eie strand en besoek nie weens die oormaat besoekers.
  • Pryse vir besienswaardighede is onbekostigbaar vir plaaslike inwoners en daar word geen voorsiening vir die inwoners se behoeftes gemaak nie.
  • Die dorpe en strate word oorval met besoekers en die besoekers is dronk en luidrugtig. Hulle soek ook dikwels skoor met die plaaslike inwoners
  • Plaaslike inwoners voel dat profyt bo hulle gestel word en dat toerisme hand uitgeruk word.

Ek het simpatie met die klagtes van die plaaslike inwoners. Mense reis onophoudelik en verskeie toeriste aantreklikhede moes al vir lang tye sluit sodat dit herstel kan word na vandalistiese toeriste dit beskadig het. Dalk is die inwoners se klagtes iets om oor na te dink. Dis tog nie regverdig dat plaaslike inwoners nie besienswaardighede in hulle eie gebied kan besigtig nie of hulle strande kan gebruik nie. Daar moet tog ‘n balans gehandhaaf word tussen inwoners en besoekers en die omgewing al dan nie. Wat is julle gevoel rondom hierdie netelige kwessie?

Reis verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading