Vreemde plante wat my laat giggel

Vreemde plante wat my laat giggel

Vreemde plante wat my laat giggel as ‘n beginner tuinier. Sommige plante/blomme se struktuur en vorm is ietwat vreemd.

Vreemde plante wat my laat giggel

Octopus stinkhorn

stinkhorn

Hierdie vreemde plant lyk soos ‘n seekat met sy rooi en swart tentakels. Dit is egter ‘n sampioen wat kom van New Zealand. Die manier waarop hierdie seekat plant ontwikkel kom so reg uit ‘n riller. Die sampioen ontwikkel in ‘n deurskynende sak en wanneer hy volwasse is steek hy sy tentakels deur die sak en maak sy verskyning.

Doll’s eye (Actaea pachypoda)

‘n Pop met net een oog – afkomstig van Noord Amerika en is eintlik ‘n vrug wat nie deur mense verorber kan word nie. Die wit vrugte het rooi stemme wat dit nog meer grillerig laat lyk.

Chinese fleeceflower

Afkomstig van Sjina die bokant van die plant lyk heel normaal – totdat jy die wortels bekyk. Die wortel stelsel lyk soos mense met bene, arms en hmm ander organe. In Sjina is hierdie plant baie spesiaal en glo hulle die plant het spesiale magte.

Die natuur is skeppend en uniek met ‘n humorsin

Venus Flytrap

flytrap

Dit lyk kompleet soos ‘n reuse skurwe pienk tong en is oorspronklik van Amerika. Die plant lok insekte en wag totdat hulle op sy tong gaan sit en maak dan toe.

Amorphophallus

male gen

‘n Pragtige pers blom totdat jy die binnekant nie kan mis kyk nie – dit word ook genoem ‘shapeless male genitalia” en kom voor in die Pacific eilande

Monkey Tail Cactus

Komende van Indonesia hierdie plant is ‘n kaktus met lang “aapsterte” wat afhang.

Vegetable Sheep

Eintlik ‘n plat skaap as jy my vra. Die kleur en tekstuur lyk soos ‘n skaap – net ‘n platte.

Suid Afrika het ook sy eie lys van vreemde plante

Hydnora Africana

Volgens plantkenners is dit eintlik ‘n parasiet en word jakkalskos in Afrikaans genoem. Vreemde vorm en kleur – giggels

Halfmens

Ja dit is sy naam. Dit is ‘n lang boom met slegs blare aan die bokant vandaar die naam – eie aan Suid Afrika en Afrikaans

Nouja dit is my lysie van plante wat my laat giggel.

2 Comments

  1. Una

    23 August 2022 at 8:51 pm

    Liewe ouers, Amanda, dis die vreemdste klomp plante wat jy hier bymekaar het! Die kaktus met die lang aapsterte is my gunsteling.

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      25 August 2022 at 7:40 pm

      Ja ek moet saam stem die aapstert kaktus is eintlik mooi.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.