Vooruitgang of agteruitgang?

vooruitgang of agteruitgang

IS DIT VOORUITGANG OF AGTERUITGANG

My Ma is in 2019 ‘n rype 82 jaar oud en sy het baie ontwikkelings en vooruitgang beleef sedert haar arm kaalvoet kind jare in Despatch. Volgens haar is die spoel toilet die beste uitvindsel ooit en die slegste al die moderne tegnologie wat sy nie verstaan nie. Ekself verstom myself aan die enorme tegnologiese ontploffing en wonder is dit als vooruitgang of agteruitgang?

TV REEKS WORSTEL MET DIESELFDE VRAAG

Onthou julle nog die TV reeks Dr. Quinn medicine woman? Dit speel af in die laat 1800’s toe dinge nog redelik eenvoudig was totdat die treine hulle opwagting gemaak het en mens en dier en Indiane moes plek maak vir die vooruitgang wat die treinwese gebring het. Dr Quinn was verskeur tussen haar liefde vir Sully wat teen vooruitgang was en die moontlikhede wat die koms van treine vir die mens ingehou het. In een van die episodes het sy vir Sully gesê dat vooruitgang nie gekeer kan word nie.

WENNERS EN VERLOORDERS

Daar is altyd twee kante aan ‘n saak het my Ouma altyd gesê. Volgens my was sekere dinge werklik vooruitgang soos byvoorbeeld spoel toilets, binnes huise water en elektrisiteit en die telefoon. Dit is dinge waarby mense werklik baat gevind het en dit het nie ander mense en die gemeenskap benadeel nie maar is dit werklik nodig dat daar elke dag nuwe selfone ens. Uitgebring moet word? Is dit nodig dat olie pyplydings onder die water gelê moet word wat die seelewe besoedel? Is die mens besig om sy eie ondergang te bewerkstellig?

HET VOORUITGANG ONS AGTERUITGANG GEWORD?

My beskeie mening is dat ons samelewing geweldig gretig en materialisties geraak het en totaal kop verloor het oor al die skade wat ons aan die aarde aanrig. Plastiek is besig om die aarde te verswelg en globale verwarming is ‘n harde werklikheid terwyl wêreld leiers dit blatant ontken en misken.

DIE KEUSE IS JOUNE EN MYNE

Elke individu kan kies of hy of sy wil bydrae tot die agteruitgang van die wêreld al dan nie. Jy kan

  • Kies om jou plastiek verbruik te verminder
  • Jy hoef nie elke 2 jaar ‘n nuwe selfoon aan te koop nie
  • Jy kan meer fietsry in plaas van motor bestuur
  • Kies om jou tegnologiese voet te verminder
  • Kweek jou eie groente en vrugte
  • Vermy die gebruik van skadelike chemiese produkte
  • Leef eenvoudig sonder al die nuutste bling

Jy is welkom om deur my webblad te blaai en sommer ook my stuk te lees wat handel oor Jy bepaal jou lewe.
Ek het ook ‘n Engelse webblad Let’s make tea met nog leesstof.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.