Beurtkrag is terug
Beurtkrag is terug en dit voel asof ons in sirkels loop in plaas van vorentoe. My Ma vertel graag vir ons hoe hulle by kerslig moes studeur en hoe elektrisiteit hulle lewens ten goede verander het.
Beurtkrag is terug
Elke nou en dan kom beurtkrag weer by ons kuier en Desember 2019 is dit weer sulke tyd. Iemand het op sosiale media genoem dat ons die afgelope 5 jaar nog elke Desember met die krag voorsiening sukkel. Ek het nie ondersoek ingestel nie dus kan ek dit nie bevestig nie.
Beurtkrag bring kreatiwiteit
Die mense van Suid Afrika kan ongelooflik humoristies, vindingryk en kreatief raak waneer ons in ‘n krisis is en weereens is ons nie teleurgesteld nie.
Tyd om te lag
Wat het SA voor kerslig gehad?
Antwoord: Elektrisiteit.
Wat is die verskil tussen “e-mail” (e-pos) en gmail?
Antwoord: E-mail word met elektrisiteit gestuur, gmail met ‘n generator.
As gevolg van beurtkrag (load
shedding) sal mense vanaand weer vroeg kooi toe gaan. Oor 9
maande gaan ons babas met die volgende name kry:
Kers
Grobler
Darkness Mapanga
Vroegslaap Jordaan
Blackout
Dube
Generator van Zyl
BEURTKRAG ….. Nuwe Fases
FASE 1 : steek aan die vuur
2de fase : gooi ‘n dop
FASE 3 : braai ‘n chop
Beurtkrag in Engels
- Stage 10 loadshedding is when Eskom comes in and even takes your Sunlight soap.
- Stage 12 Eskom takes your Castle Lite and gives you a Savana Dark
- Eskom only allows dark humor
- Pickup line: Come to my house, I have a generator.
- I’m dreaming of a light Christmas
Lag is verseker beter as huil en negatief wees. Beurtkrag is terug so kort voor Kersfees en ons moet daarmee saamleef of ons wil of nie. Geniet die donkerte en doen dinge soos meditasie, oefeninge en kuier saam met vriende en familie rondom die braaivleis vuur.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you