Motorfietse op ‘n Sondag oggend

0
(0)
motorfietse op 'n Sondag oggend

Vanoggend – dis nou Sondagoggend net na 5 het ‘n groot groep motorfiets ryers George se residensieële gebied in die Tuinroete binne gevaar.

Dit was ‘n rude awakening

Wat ‘n aaklige manier om wakker gemaak te word. Vir ‘n half uur lank is daar in my gebied rondgejaag. Die geraas was oorverdowend en het geklink soos tien talle vliegtuie. Dit was angswekkend om die minste te sê.

ER24

Dit gaan my verstand te bowe dat ER24 wat veronderstel is om lewens te red, in was op die “deal”. Hulle het die voor en agter hoede van die ryers gedek. Ek kan steeds nie glo dat ER24 gedink het dit is okay nie en waar staan die Polisie hierin?

Die redes vir motorfietse op ‘n Sondag oggend

Daar is 2 verduidelikings deur die motorfiets ryers verskaf vir die vroeg oggend gejaag.

Daar was ‘n berig in die plaaslike George Herald oor die wonderlike werk wat die bikers in en vir die gemeenskap doen en sou die beplande resies wees om bewusmaking hieroor te bring.

Volgens sekere bikers en ek haal aan: Please understand, this morning had nothing to do with charity!! It was planned as a direct result of this past years moaning towards bikers on social media….. point . Again, stop moaning about stupid things.

Watter ene was dit dus of was dit twee verskillende groepe?

Ons lief bikers

Indien die doel van hierdie doellose gejaag deur die strate van George bedoel was om bewusmaking te skep, is die doel beslis nie bereik nie. Die teendeel is eerder waar. Die meeste mense dink dit was onbedagsaam en onverantwoordelik en is nou nog meer antagonisties teenoor bikers. Ons lief beslis nie bikers wat op ‘n Sondagoggend 5 uur deur die strate van ons woongebiede jaag nie.

Is dit hoe ons die kinders leer om probleme op te los?

Hoe voel julle oor bikers veral oor motorfietse op ‘n Sondag oggend in woonbuurte? Besoek my posbus bladsy en los ‘n boodskap of stuur ‘n e-pos

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading