Vergifnis maak jou lewe beter
Vergifnis maak jou lewe beter al dink jy nie altyd so nie. Dis seker een van die moeilikste dinge om te doen wanneer iemand jou diep seer gemaak het.
Hoekom moet ek vergewe
Die Bybel is baie duidelik daaroor dat ons moet vergewe, net soos God ons vergewe het. Daar is nie voorwaardes of kwytskelding nie. Wanneer ons nie kan vegewe nie, neem bitterheid en haat in ons lewens oor wat dan kan omsit in wraak gedagtes. Jesus het aan die kruis vir ons sondes gesterf. Hy het ons vergewe. Vergifnis beteken nie noodwendig versoening nie.
Hoe moet ek vergewe?
Dis nie ‘n lang proses nie. Sodra iemand ons seergemaak het moet ons aandag gee daaraan voordat onvergewensgesindheid ons lewe oorheers.
- Eerstens moet ons die besluit neem om iemand te vergewe en sommer dadelik. Moenie broei daarop nie
- Bely dat jy ‘n sondaar is
- Dank die Here dat hy jou sondes vergewe het.
- Vra die Here om jou te help om te vergewe soos die Here jou sondes vergewe het.
- Noem die mens/e se naam en wat hy gedoen het.
- Vertel die Here presies hoe jy voel en deel al jou emosies met Hom.
- Verseker die Here dat jy nie wraak sal neem nie
- Sê dankie dat Hy alles uit jou hande neem.
- Bid dat die Here asseblief jou gebroke hart sal heel maak
Wat van die ene wat my seergemaak het?
Nadat jy die persoon wat jou seergemaak het aan die Here oorgegee het sal die Here verder met die persoon werk. Dit is nou uit jou hande uit en jy is nou vry om met jou lewe aan te gaan
Amanda jy verstaan nie
Ek kan jou verseker dat ek ook al hierdie pad moes loop. My Man en Pa is in motorongelukke oorlede waarin ‘n ander party die ongelukke veroorsaak het. Onlangs het ‘n vriendin van amper 20 jaar inkom plek by naby familielede van my gekry en my beswadder. Dit was makliker om wild vreemdelinge te vergewe as om ‘n naby vriendin en ook van my familie te vergewe. Ek het gesukkel om te vergewe en het maande lank met seer en bitterheid gelewe totdat ek besef het ek kan dit nie meer op my eie hanteer nie en na God gedraai.
Daar is hulp
Ek sien een keer ‘n maand my sielkundige vir die afgelope 3 jaar. Dan vertel ek haar alles wat in die maand gebeur het en waarmee ek raad nodig het. Alhoewel dit help het my bitterheid en seer hand uitgeruk en het sy vergifnis voorgestel. Ek het in my huis biblioteek rondgekrap en op ‘n boek afgekom wat spesifiek oor Vergifnis handel. Die boek Vergifnis maak jou innerlik heel is geskryf deur J.Nieder en TM Thompson. Ek het die stappe bo gevolg en onmiddellik gevoel hoe ek ligter voel. Met tye kom daar weer bitterheid en verkeerde gedagtes in my op en dan moet ek weer daaroor bid. Miskien het jy ‘n Predikant om mee te gaan gesels. Glo my, vergifnis maak jou lewe beter.
God se belofte
Die Here belowe ons dat wanneer ons vergewe en alles in Sy hande oorgegee het sal Hy ons lewe beter as ooit vantevore maak. Wat ‘n wonderlike gerusstellende belofte.
Moenie dat onvergewensgesindheid in jou wortel skiet nie. Dit neem al jou vreugde weg.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you