Top boeke vir 2021

0
(0)
Oorsig oor top boeke vir 2021

Oorsig oor top boeke vir 2021 soos deur die gesaghebbende Nielsen Bookscan SA bekend gemaak. Dit gee ‘n idee van watter boeke gewild is. Hierdie omvattende lys is feitelik rondom die ware verkope van die boeke. Die boek verkope vir 12 maande word inaggeneem . Ons kyk na die 6 beste verkopers.

1. Topverkoper Donkerdrif deur Deon Meyer – 11 226 boeke is verkoop (Fiksie)

Laas jaar was dit ook die topverkoper. Dus 2 in ‘n ry. Deon Meyer is ‘n Misdaadskrywer wat ook oorsee naam gemaak het. Hy word gesien as een van die beste misdaadskrywers ter wêreld. Speurder Bennie Griessel is ‘n geliefde karakter in sy boeke.

2. Na ‘n plaas in Afrika deur Irma Joubert – 7 202 boeke is verkoop (Fiksie)

Hierdie formidabele vrou het eers na haar aftrede begin skryf en verskeie pryse ingepalm. Sy staan bekend as ‘n historiese roman skrywer. Haar boek Na ‘n plaas in Afrika speel tydens die 2de Wêreldoorlog af met die sentrale figuur van Adolf Hitler.

3. Fortuine – die wel en weë van Afrikaner magnate deur Ebbe Dommisse 4 160 boeke is verkoop (Nie-fiksie)

Hierdie is ‘n nie-fiksie boek en dus die gewildste nie-fiksie boek op die lys. Die boek kyk na Afrikaner biljoeners en neem die leser saam op sy reis om die magnate en hulle besigheids opgang beter te leer ken. Ebbe is bekend vir sy biografieë asook sy joernalistieke bydraes.

4. Hartedief deur Rudie van Rensburg – 3 943 boeke is verkoop

Rudie is bekend vir sy misdaad boek reeks. Met Hans steek die Rubicon oor het hy ‘n heel ander rigting ingeslaan. Hartedief is weereens ‘n suksesvolle misdaad boek. Rudie is ‘n voormalige joernalis.

5. ‘n Baie lang brief aan my dogter deur Marita van der Vyver – 3 783 boeke is verkoop

Marita is ‘n skrywer wat in Frankryk woon saam met haar Franse man. Sy skryf graag boeke oor haar lewe in Frankryk. Hierdie boek is ‘n vertelling van haar grootword lewe en die lesse wat sy langs die pad geleer het.

6. Vleis deur Annelien Pienaar – 3 483 boeke is verkoop

‘n Kookboek is onder die top boeke vir 2021. Annelien is ‘n kos konsultant en voedsel dosent. Sy het ‘n groot aanhanger getal op sosiale media en hou daarvan om haar kennis met ander te deel. Vleis is ‘n omvangryke kookboek wat al die verskillende vleissoorte bespreek.

Die volledige lys van die top boeke vir 2021 is hier beskikbaar

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading