Klassieke musiek is eintlik medisyne

0
(0)
teetyd kuiers

Welkom by Teetyd kuiers. Ontspan lekker met ‘n koppie tee en gesels saam

Klassieke musiek is eintlik medisyne

klassieke musiek

Klassieke musiek is eintlik medisyne. Dis meer as net musiek. Hoender sop vir die siel.

Beethoven, Mozart, Schubert

“I know that the most joy in my life has come to me from my violin.” – Albert Einstein

Mense wat lank reeds oorlede is se musiek maak steeds siele gesond. Natuurlik moet mens in die regte gemoedstemming wees om na klassieke musiek te luister. Vir my is dit laat aand. Dit maak my rustig en laat my ontspan. Bykans weekliks ontdek ek nuwe of vergete meesters en hulle mooi musiek.

Plato: “Rhythm and harmony find their way into the inward places of the soul.”

Maak jou oë toe en gee jouself oor.

Die strelende klanke van klavier, viool sonder woorde. Soms sit ek my tee en drink en luister net na die pragtige komposisies. Luister saam met my en ontspan. Vergeet van die stressvolle dinge daar buite en drink die musiek in. Klassieke musiek het sy eie bekoring.

Hans Christian Andersen: “Where words fail, music speaks.”

My eerste klassieke konsert

Dis ‘n hele paar jaar gelede. Ek was by die KKNK kunstefees saam met my Ma. Ons is gratis kaartjies gegee en gedink dit gaan uiters vervelig wees en toe oortref dit my stoutste verwagting. Alhoewel ek hier en daar na ‘n klassiek stuk geluister het was die konsert iets heel anders en dit het my ‘n liefde vir klassieke musiek gegee.

Klassieke musiek raak harte aan.

Tydens ‘n uitvoering van Mozart se Masonic se begrafnis musiek het ‘n 9 jarige autustiese seun saam met sy familie geluister. Aan die einde van die uitvoering het die nie-verbale seun ‘n uitlating gemaak wat ongehoord is by klassieke uitvoerings. Sy 1 woord respons is steeds die mooiste applous wat nog deur teaters weergalm het. So mooi. Kyk en luister na hierdie uitsonderlike respons. Dis hoendervleis mooi. Luister enige van julle ook soms na klassieke musiek?

Kuier verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads