Spinasie en feta quiche

0
(0)

RESEP DEUR

Uitknipsel

OPMERKINGS

Oorsprong onbekend

Titel: Spinasie en feta quiche

Spinasie en feta quiche

Spinasie en Feta quiche met ’n kaas kors sal jou gaste laat smeek vir nog ’n porsie. Hierdie resep is as ’n uitknipsel gevind tussen ander papiere. Oorsprong onbekend. Dit is seker een van die lekkerste quiches wat ek nog gemaak het. Voorwaar lip lek lekkerte. Voorverhit die oond tot 180 C

Kaas kors

250 mℓ of 1 koppie gerasperde kaas
250 mℓ of 1 koppie koekmeel
120 mℓ of 8 eetlepels botter of margarien

Smelt die smeer
Meng al die kaas, meel en smeer en vorm ’n stewige deeg
Smeer ’n groot tertbord met botter of spuit met spray and Cook
Druk die deeg vas in die tertbord en prik met vurk

VULSEL

  • 200 gram feta kaas in blokkies gesny
  • 30 mℓ olie
  • 200 gram spinasie opgekap
  • 5 mℓ gemengde kruie
  • 1 Ui opgekap

Metode

  • Sout en swart peper na smaak
  • Verhit ’n pan oor matige hitte
  • Braai die uie tot sag maar nie pap nie
  • Roer die spinasie by en laat prut vir 2 minute
  • Voeg die res van die bestanddele by
  • Sit die plaat af en laat afkoel

Basiese eiermengsel

  • 3 eiers
  • 250 mℓ volroom melk
  • Klits die eiers en melk saam en sit een kant
  • Gooi die afgekoelde groente vulsel op die kors in die tertbord
  • Giet die eiermengsel oor die vulsel
  • Bak in die oond tot kors goudbruin is – ongeveer 25 minute

Wenke:

  • Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
  • Moenie bekommerd raak as die kors bruin is en die vulsel ietwat blekerig vertoon nie. Dis hoe dit moet wees met die vulsel basies net-net gestol en die kors bruin. Die quiche is lekker so op sy eie vir ’n ligte middag of aandete. Dit kan ook bedien word saam met gebraaide vark worsies of saam met braaivleis.

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops

KERSIES

5/5

OPMERKINGS

Uitmuntend

Reis verder:

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading