Die kosmandjie was deel van treinry

0
(0)

Die kosmandjie was deel van treinry

Trein storie

djie was deel van treinry

Die kosmandjie was deel van treinry gepak met tuisgemaakte kos en lekkernye. Ons het gewoonlik van Kaapstad stasie af vertrek vir ons Julie trein vakansie wanneer die skole gesluit het.

Dit neem 2 dae met die trein om van die Kaap tot in Pretoria te ry

Aangesien my Pa op die Spoorweg gewerk het as treindrywer het ons familie Vrypas gekry. Dit was die lekkerste vakansies ooit! Ons het op die trein geklim met ons eie beddegoed opgerol en vasgemaak met ’n leer belt en ’n groot kosmandjie met genoeg kos om ons deur die grootste gedeelte van die 2 dae reis te neem.

In die kosmandjie was ’n warmwater bottel wat ons gereeld in die eetsalon vol kookwater laat maak het

Daar was ’n heel hoender – gaar en opgesny, brood, botter, marmite. ’n Dosyn hardgekookte eiers, sout, peper en tamatiesous. Wors en frikadelle, tamaties. Ma het ook ’n piepklein gasbottel saamgery wat dikwels handig te pas gekom het wanneer die trein langs die pad gebreek het. In die kosmandjie was ook  geblikte boeliebief, spaghetti met tamatiesous en sardientjies. Vars vrugte – meestal appels en piesangs.

Ons was ordentlik ingerig vir die lang reis

Sodra die trein uit die stasie gery het en op sy fluit geblaas het, het ons die kosmandjie bygedam. Ma moes net keer. “Die hoender is vir vanaand vir aandete – eet solank ’n eier en sny brood”. Daar was ook aanmaak koeldrank in die mandjie en natuurlik koffie, tee, borde, teelepels en messe en vurke. ’n Klein botteltjie met skottelgoedseep, kombuis vadoek en afdroogdoeke.

Teen die 2de aand op die trein was meeste van die kosmandjie se inhoud reeds gedaan

Dan het ons iets van die kombuis afbestel. Vir aandete iets warm vir die koue winteraande – tamatiebredie, kerrie-en-rys. Die volgende oggend het ons koffie en ’n broodjie bestel – gerooster met anchovy of marmite en hard gekookte eiers. Dit was Koningskos  met die trein ons Paleis.

Reis verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • We also publish original articles, stories and opinions in English
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook. Double the fun!