Hop hop spinnekop

Welkom by Teetyd kuiers. Ontspan lekker met ‘n koppie tee en gesels saam
Hop hop spinnekop

Hop hop spinnekop. Spinnekoppe is welkom in my huis solank as wat hulle stil sit en my nie pla nie. Alhoewel spinnekoppe nou nie my gunsteling troeteldiere is nie verdra ek hulle net soos hulle my verdra. Ken jou plek spinnekop!
Hop hop spinnekop
My spinnekop storie kom van ver af. So waar as padda manel dra. My kinders was nog klein so ongeveer 5 en 7 jaar. Ons het vir hulle Ouma in Oudtshoorn gaan kuier en laat middag terug gery oor die Outeniqua pas. Dit het net so begin raak aan skemer. Ons het nog so rustig gery toe ‘n bloedstollende gil van agter deur die motor skeur. Ek gooi amper die motor om
Vir wat gil die kind so?
Spinnekop op my ruit. Mooi netjies oopgesper teen my ruit. Sy oë deurboor my. Ek kon sweer hy lag vir my. “Ma se ruit is halfpad oop”. O, genade tog. Dis ‘n grote spinnekop met lang harige bene. Ek moet hard konsentreer om nie die pad byster te raak nie. Kalm bly Amanda. Rustig wees kinders. Ons gaan nou om die skerp draai dan sal hy afval. Dink Ma regtig so? Ja natuurlik. Ek vat die draai ietwat vinniger as gewoonlik. Meneer die spinnekop se voorste bene lig op en sy lyf val agteroor.
Of so dink ek
Terug op die reguit pad slaak almal sugte van verligting. Ons het die spinnekop verloor. Die radio se klanke vul die motor en dan.: Ma die spinnekop is terug! Wat! Waar? Op die bonnet Ma. En gedoriewaar daar sit Meneer Spinnekop op die enjinkap. Ietwat gehawend maar springlewendig. Dis nog 15 kilometer en die donkerte kom al hoe nader. Sy oë glinster in die nag. Die res van die pad word in stilte gery. Ons oë vasgenael op spinnekop terwyl die motor op die pad moet bly.. Geen maklike taak nie.
Veilig tuis met die spinnekop
Ons het beplan hoe ons in die huis sou kom maar met ons aankoms is die spinnekop skoonveld. Die kinders hardloop so vinnig hulle kan die huis binne. Ek moet nog die spinnekop vind in die donker en my motor in die motorhuis kry – in die donker.Vir 25 minute het ek die spinnekop gesoek met ‘n flitslig – sonder sukses. Dalk het hy tog in die ry afgeval…
Die volgende oggend sit spinnekop dood luiters en slaap op dielugdraad van die radio.
Enige iemand vir ‘n koppie tee en ‘n stukkie wortel koek?
Kuier verder
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Kosreise met resepte en kos stories
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Bou jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment