Nagemaakte Checkers Kaas poffertjies

RESEP DEUR
Amanda
OPMERKINGS
Checkers se kaas poffertjies is die beste. Hierdie is kort op hulle hakke.
Nagemaakte Checkers Kaas poffertjies

Nagemaakte Checkers Kaas Poffertjies – Hand pasteitjies is ideaal vir die kosmandjie wanneer mens op reis gaan. Hierdie vinnige Kaas poffertjies is vinnig en maklik om voor te berei. Dit smelt sommerso in die mond.
Bestanddele:
- 1 rol puff pastry
- Roomkaas of kaaswiggies in klein stukkies gesny
- Cheddarkaas gerasper – wit of geel
- Botter of bak margarien
Metode:
- Ontdooi die puff pasteideeg en sny in ongeveer 24 vierkante. Sit op elke vierkant ’n mespunt roomkaas en ’n teelepel cheddar kaas. Vou die vierkante toe en druk die kante met ’n vurk. Smeer gesmelte botter bo-op en bak in oond by 180 grade vir ongeveer 15 minute of tot goudbruin. Eet louwarm
Wenke:
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Vir die kosmandjie kan dit in foelie toegedraai word sodat dit louwarm is wanneer dit geëet word. Ek maak dit graag vir my kleinkinders vir ’n peusel happie na skool en bedien dit in ’n klein bordjie. Dit word sommer gou verorber.
- Hierdie kaas poffertjies is net nooit genoeg nie. Dis krakerig en ag so lekker. Geniet dit net so met die hand. Lekker eet.

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops
KERSIES
5/5
OPMERKINGS
‘n Heerlike alternatief vir die oorspronklike lekkerny
Reis verder:
- Kosreise met resepte en kos stories
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Begin jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment