Huishoudkunde op skool is waardevol

5
(1)

Huishoudkunde op skool is waardevol

Kos storie

Huishoudkunde op skool was waardevol. Ek het Huishoudkunde geneem van St.7 tot en met St. 10. Dit wat ek in die Huishoudkunde klas geleer het onthou en gebruik ek steeds meer as 35 jaar later. Huishoudkunde het my geleer bak en kook en baie van die tegnieke wat ek op skool geleer het gebruik ek steeds.

Ons moes heeltyd skottelgoed was terwyl ons besig was met bak en ek doen dit steeds. Dit maak jou skoonmaak na die tyd soveel makliker.

My Ma was ’n perfeksionis en het niks daarvan gehou wanneer ons tuis iets wou bak nie, dus het die Huishoudkunde klas vir my daardie geleentheid gebied. Ek het geleer bak en kook, tafel dek, onthaal, spyskaarte en finansies uitwerk. Spyseniering. Daar was geen ekstra koste vir my Ma nie. Dinge was eenvoudig daardie tye. Niks fênsie nie. Lewensvaardighede vir meisies.

Dit het my goed te pas gekom na my troue. My man het ’n vrou getrou wat geweet het hoe om kos te maak en koek te bak.

Ek het my plek met selfvertroue in die kombuis vol gestaan en steeds pas ek toe wat ek soveel jare gelede geleer het. Dit was vir my ’n jammerte toe my meisiekinders nie dieselfde kwaliteite op skool geleer het nie. Daar was wel Huishoudkunde of Gasvryheidstudies soos dit bekend gestaan het. Die ouers moes egter ruim bydra maandeliks. Ek kon dit as enkelma nie bekostig nie. Dus het my kinders nie soos ek die basiese dinge geleer nie.

Huishoudkunde behoort weer in die skole aangebied te word op ’n eenvoudige manier. Dit moet volgens my basiese vaardighede wees. Hoe om ’n resep te lees, verstaan en maak. Kinders moet leer hoe om begrotings uit te werk en basiese kosse te maak. Witsous, Koekbak en botter versiering. Huishoudkunde kan baie vir jong meisies en selfs seuns beteken.

Reis verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • We also publish original articles, stories and opinions in English
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 5 / 5. Vote count: 1

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

2 Comments

  1. scrapydo2.wordpress.com

    10 April 2025 at 8:56 am

    Ek het ook huishoudkunde tot matriek gehad. Std 6 se huishoudkunde was vir my ‘n nagmêrrie met ‘n simpatieklose oujongnooi wat my altyd as ‘n mislukking voor gehou het. Van std 7 tot matriek het dit elke jaar beter gegaan totdat ek die beste daarin was. Die juffrou was ‘n juweel gewees.

    1. Amandaskrywer

      18 April 2025 at 8:46 pm

      Ja ek dink Huishoudkunde is ‘n vak wat terug gebring moet word. My Juffrou was ‘n bloedjong vrou pas uit die kollege en ons het baie by haar geleer. Bly jy het darem ook uiteindellik ‘n goeie juffrou gehad.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook. Double the fun!