Tallie se storie
Opinie OMTRENT DIE BOEK
TALLIE SE STORIE
Tallie se storie handel oor die ware verhaal van Carol Langenhoven wie se man sy goed betaalde werk kwyt is na afleggings. Sy neem die leser deur die trauma van afleggings en hoe dit die broodwinner en sy hele familie raak.
Carol is een van die tydskryf Sarie se bekendste en gewildste bloggers en haar inskrywings is in bogenoemde boek saamgevat.
Tallie se storie is in 2010 uitgegee deur Naledi en beslaan 149 bladsye. Hierdie aangrypende harts verhaal is bekroon met ‘n ATKV veertjie.
DIE VROU AGTER DIE BOEK
Carol Langenhoven is net ‘n doodgewone Ma en Vrou vir haar man wat ‘n gemaklike lewe saam met haar gesin geleef het voordat haar man sy goeie werk verloor het. Reg deur die boek is dit duidelik dat sy bomenslike krag gekry het om elke krisis af te weer, die sterk ene te wees en haar gesin bymekaar te hou.
DIE BOEK
Hierdie is ‘n boek wat jou binneste aanraak selfs al het jy of niemand namens jou al sy of haar werk verloor nie. Die leser kan nie anders as om meegevoer te word met elke bladsy nie. Deur die bladsye leer ons meer hoe verskillend mans en vrouens op krisisse reageer. Ons lees ook hoe ‘n vrou als kan uithaal om nie net haar man te red nie maar ook om haarself in nuwe vorms te giet om aan te pas by die veranderings wat afleggings vereis.
Daar is tye wat ons saam met Carol bly is oor klein dingetjies maar ook haar frustrasie deel waneer sy aleen kop bo water hou terwyl haar man die drank bottel nader trek.
LESSE UIT TALLIE SE STORIE
- Mans en vrouens hanteer dinge baie verskillend
- Bly positief selfs al lyk dinge mistroostig.
- Reik uit en gee vir ander selfs al is jou beursie so te sê leeg.
- Hou moed die lig sal deur die tonnel breek.
- Waneer jou hand toe is (vir ander) kan God ook nie iets in jou hand sit nie
AANBEVELING
Ek beveel hierdie boek beslis aan vir enige familie wat deur afleggings geraak word. Hierdie boek is eerlik geskryf, soms rou emosies. Die boek sal ook aanklank vind by almal wat al lewens veranderende krisisse die hoof moes bied.
Indien jy hierdie boek bespreking geniet het, sal jy dalk ook hou van my boek bespreking van So jy dink jy wil ‘n ster wees en my artikel oor Ena Murray.
My Engelse webblad nl. Let’s make tea bied die leser nog meer leesstof.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you