Rocco de Villiers – onderhoud

rocco de villiers klavier

Rocco de Villiers – onderhoud

Uit die argief

Onderhoud met Pianis Rocco de Villiers Agtergrond

Ek het die onderhoud met Rocco gedoen terwyl ek as ‘n joernalis gewerk het vir ‘n klein plaaslike koerant in 2006. Hoop julle geniet dit – ek weet ek het

rocco de villiers

Pianis van formaat

Rocco – ‘n man met so ‘n sterk naam kan nie anders as om sy naam deeglik af te druk nie en Rocco de Villiers maak baie deeglik hiervan gebruik.

Ek het met Rocco gesels by sy hotel na sy onlangse optrede in George. Hy is die jongste van twee kinders. Sy suster is 21 jaar ouer as hy en volgens hom uiters musikaal. Sy mooiste herrinnering aan sy kinderjare is die opwinding van reis. Elke keer wat hulle met vakansie gegaan het – die afwagting die opgewondenheid.

Rocco maak amok

Rocco was nie die gewildste kind op skool nie maar waneer hy agter die klavier gaan sit het in die skoolsaal was hy die hero. Die kinders was gaande oor hom. Volgens Rocco kan hy nie sing nie maar waneer sy hande die klavier raak, word hy een met die klavier. Hy was 3 jaar oud en al wat hy wou doen was om klavier te speel maar sy ouers het nie toegelaat dat kinders op die klavier speel nie en het dit gesluit. Selfs dit kon die jong Rocco nie keer nie – hy het die tuinman gevra om die klavier se slot oop te breek en daarna was daar geen keer aan die jong Rocco nie.

Sy drome

Rocco is ‘n man met ‘n passie vir sy musiek en het ‘n droom om saam met Bono van U2 op te tree. Dink net hoe hy met sy klavier van onder die verhoog na bo sweef terwyl Bono een van sy treffers sing! Hy dink daaraan om by sy kantoor ‘n koper plaat (soos ‘n dokter) aan te bring. Iets soos Rocco de Villiers – Pianis. Hy is trots daarop dat hy vir homself ‘n solo loopbaan kon uitkerf en voel dat hy reeds bewys het wat in hom steek.

Rocco is natuurlik ook bekend vir sy skemerkelkies. Vir hom kom dit natuurlik om skemerkelkies met musiek te meng. Hy drink graag Champagne en is lief daarvoor om vriende oor te nooi vir ‘n gesellige kuier. Hy het ook ‘n nuwe boek uitgebring “Momtails” waarin hy skemerkelkies sonder alkohol maak.

‘n Ander beroep

Ek was verstom toe ek hom vra watter beroep hy sou kies buiten voltydse pianis en hy antwoord: APTEKER. Hy was blykbaar baie goed met wiskunde op skool.

Daar is meer

Lees ook Ena Murray koningin van harte en besoek Rocco de Villiers se amptelike webtuiste

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.