Sorgvrye kinderjare

0
(0)

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?

Sorgvrye kinderjare

Sorgvrye kinderjare. Meeste kinders het geen idee gehad van die bekommernisse van ouers nie. Daar was elke dag kos op die tafel, klere om aan te trek. Verjaarsdae was daar ‘n koek met kersies en ‘n persent wat met groot opgewondenheid oopgemaak is. Eenvoudig. Sorgvry. Vandag gesels ons oor kinderjare. Skuif nader dis teetyd.

When we are children, we seldom think of the future. This innocence leaves us free to enjoy ourselves as few adults can. The day we fret about the future is the day we leave our childhood behind”. –Patrick Rothfuss

My Ma was ‘n enkelouer en tog het sy dit reggekry om ons nie deel te maak van grootmens sake nie. Daar was huistake wat ons moes verrig soos die bal en klou stel wat ons moes poleer (ek het penorent op die stoel gesit sodat my arms nie aan die leunings raak nie) en tuin take soos bossies uittrek op ‘n Saterdag middag. (ek het niks daarvan gehou dat my vingers aan die grond raak nie)

Dan was daar die Sondag middag se fietsry gepaardgaande met talle stukkende bene en hande. Vrydagaande se hamburgers en tjips en Sondae se gebraaide hoender na kerk. Praat van kerk – elke Sondag aand het ons na ‘n ander kerk toe gegaan en na die tyd venster inkopies gedoen. Drome gedroom van eendag groot genoeg wees om al die mooi goed te kan koop.

Soveel kinder pret

Vis en tjips by die see. Bord speletjies en plate luister Saterdag middae. Dan haak die plaat nog vas net soos jy gou ‘n draai wou maak in die badkamer. Kersfees versierings maak rondom die eetkamer tafel. Grondboontjie botter broodjies met stroop en vars appels uit ons tuin. Saans het almal op Ma se bed gesit vir die aandstorie op die radio en die godsdiens en gebede daarna. Ons het nie geweet hoe swaar die lewe as ‘n grootmens kan wees nie alhoewel daar ‘n hunkering na grootwees was.

Childhood itself is scarcely more lovely than a cheerful, kindly, sunshiny old age. Lydia M. Child

Explore/Kuier verder

  • Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
  • Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
  • Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading