Joodse Kaaskoek

0
(0)

RESEP DEUR

Huisgenoot wenresepte 3

OPMERKINGS

‘n wenresep voorwaar

Joodse kaaskoek

joodse kaaskoek
oplus_32

Bestanddele:

  • Kors:
  • 150 gram Marie beskuitjiekrummels
  • 125 gram botter of bakmargarien (gesmelt)
  • 15 mℓ witsuiker
  • Vulsel:
  • 2 houers (250 gram elk) room of fyn ongegeurde  maaskaas
  • 125 mℓ room
  • 3 ekstra groot eiers
  • 160 gram witsuiker
  • 5 mℓ vanielje geursel

Metode:

  • Voorverhit die oond tot 180 C of 375 F
  • Meng die krummels smeer en suiker saam
  • Druk dit met ’n lepel die randte en op die bodem van ’n middelslag tertbord vas.
  • Meng die kaas, room, eiers, suiker en geursel saam en gooi op die kors
  • Bak vir 15 minute
  • Stel die oond af na 150 C of 300 F
  • Bak vir ’n verdere 15 tot 30 minute
  • Skakel die oond af, los die oonddeur op ’n skrefie oop
  • Laat die koek in die oond afkoel
  • Sit dit in die yskas om lekker koud te word

Wenke:

  • Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
  • Ek het die koek ’n vorige keer met smeerkaas gemaak aangesien ek nie maaskaas in die huis gehad het nie. Dit was ook lekker en goedkoper alhoewel die maas of roomkaas dit beslis ryker maak. Jy kan die 3 ekstra groot eiers met 4 medium eiers vervang Die Marie beskuitjies het ek in ’n plastieksakkie gesit en met ’n koekroller fyngemaak – by gebrek aan ’n voedselverwerker. Jy kan dit opdien met vrugte pulp soos berrie pulp of netso kaal geniet.

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops

KERSIES

5/5

OPMERKINGS

Dit is ryk en lekker – pasop vir te veel daarvan eet.

Reis verder:

  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Begin jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading