So jy dink jy wil ‘n stêr wees
So jy dink jy wil ‘n ster wees is die biografie van Musiek promotor Louis van Wyk. Dis geskryf deur Carel F. Cronjè, is in slapband en beslaan 215 bladsye met ‘n ekstra 23 bladsye oor die opspraak wekkende seksuele teistering hofsaak.
Steve Hofmeyr
Louis van Wyk se lewe is net so kleurvol soos die woorde en foto’s in die bladsye van die boek. Hy vertel alles, van waar hy begin het as a plate joggie tot waar hy arms geskuur het met internasionale sterre en natuurlik sy jare lange bestuur van die kontroversiele sanger en akteur Steve Hofmeyr en die daarop gaande verbrokkeling van hulle verhouding.
In die boek praat hy openhartig oor die seksuele teistering saak wat verskeie vroulike sterre teen hom gemaak het en hy gee sy kant van die saak.
Sy verhouding met Leonie Bridges was van die begin af stormagtig blyk dit en hy draai nie doekies om oor sy hartseer en sy liefde vir die afgestorwe Ma van sy kinders, Irene van Wyk ‘n riem onder die hart.
Hy verbloem nie sy stoutighede nie en maak geen geheim daarvan dat hy nie ‘n baie bekwame padwerker klerk was nie. Sy ambisie en sy liefde vir musiek was net te groot.
Die boek vertel jou baie oor die musiek bedryf en al die glans en skandes en wat dit verg om die beste Musiekpromotor en Kunstenaars bestuurder te wees.
MY OPININIE
Ek het hierdie boek behoorlik verslind. Ek was gebind van bladsy een af. Die skryfstyl is gemaklik, humoristies en warm. Dit was asof hy direk met my gepraat het. Ek het hierdie boek geweldig geniet en beveel dit aan vir almal wat wonder hoe die musiek bedryf en al sy fassette werk.
Die boek het my ook ‘n goeie idee gegee van Louis van Wyk die mens en Bestuurder van kunstenaars.
Ek volg die loopbaan van Louis al vir baie lank en het nie van als gehou wat hy deur die jare gedoen het nie, maar hierdie boek het op ‘n humoristiese manier van Louis ‘n mens gemaak het wat jy wil oornooi om oor ‘n koppie tee nog meer te vertel.
Geniet jy dit om in Afrikaans te lees? Maak dan sommer ‘n draai by Litnet en Naledi en lees meer oor jou gunsteling skrywers
Louis het verseker diep spore in die Suid Afrikaanse musiekbedryf getrap.
‘n Ster in haar eie reg was skrywer Ena Murray wat duisende mense se lewens verryk het met haar boeke. Jy kan ‘n lewe van dankbaarheid leef en ‘n verskil in jou eie en ander se lewens maak.
My Engelse webblad nl. Let’s make tea bied die leser nog leesstof.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you