So groet verskillende mense

teetyd kuiers

Welkom by Teetyd kuiers. Ontspan lekker met ‘n koppie tee en gesels saam

So groet verskillende mense

So groet verskillende mense in die wêreld. Goeie dag almal van julle hier aan die Suidpunt van Afrika! Die tafel is gedek vir vandag se teetyd kuier met Joko tee en gemmer koekies. Geniet die kuier.

Daar is soveel verskillende maniere van groet in Suid-Afrika. Howzit? Hi. Hallo. Goeie môre. Selfs ’n kopknik word erken. Dan is daar ook die verskillende maniere van handdrukke en drukkies uitruil.

Hoe groet mense in ander lande?  Net vir ingeval jy dalk wil reis na een van ondergenoemde lande.

Duitse groete

Duitsers  hou nie van geselsies aanknoop oor dinge soos die weer nie. Hulle kom soms nors voor alhoewel hulle egter hou van samesyn en kuier saam met familie en vriende. In Berlyn byvoorbeeld drink hulle bier in die publiek, speel techno musiek en kuier graag in nagklubs.

  •     Guten Morgen – Goeie môre
  •     Guten Tag – goeie dag
  •     Auf Wiedersehen – totsiens

Italië groete

Die Italianers is passievol oor vriende en familie. Hulle het ’n informele manier van groet vir jong mense en is uiters respekvol teenoor ouer mense. Italianers is familievas en erg oor hulle Ma’s.

  • Buongiorno – Goeie môre
  • Buonasera – goeie naand
  • Arrivederci – totsiens

Franse groete

Die Franse is baie gesteld op groete. Terwyl hulle vriende en familie soen en druk is hulle ook gesteld daarop dat vreemdelinge hulle eerste moet groet in Frankryk waarna hulle dan sal terug groet. Hulle sal selfs weier om iets aan jou verkoop indien jy nie groet nie.

  • bonjour – goeie dag
  • bonsoir – goeie naand
  • bonne journée  – totsiens

Spanje groete

Spanjaarde hou van sosialisering en is baie betrokke in hulle gemeenskap. Hulle hou ook daarvan om middagslapies te onderneem en bulgevegte by te woon. Groete tussen bekendes is soene op albei wange

  • Good morning   – Buenos días
  • Hallo – Hola
  • Good evening –  Buenas noches

Australië groete

Australiërs is vriendelike mense wat graag met vreemdes gesels en nuwe vriendskappe smee. Hulle groete is baie informeel en verkies voorname.

  • Hey – Hallo
  • G’day mate – Goeie dag maat

Elke land het sy eie unieke manier van praat en groet. Kry nog ’n gemmerkoekie. Ek skink nog tee.

Kuier verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • We also publish original articles, stories and opinions in English
  • Kosreise is ‘n webblad met resepte en reis stories

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.