Al hoe meer mense bly in woonstelle
Al hoe meer mense bly in woonstelle
Al hoe meer mense bly in woonstelle deesdae. Behuising is skaars en duur. Voorheen het jong getroudes en enkelinge in woonstelle gebly terwyl gesinne in huise gewoon het. Die afgelope klompie jare sien ons meer en meer gesinne wat in woonstelle bly. Dis ’n verskynsel wat regoor die wêreld posgevat het.
Behuising is peperduur vir die middelklas
Verhurings is aan die orde van die dag. Huise is buitensporig duur om te huur. Selfs gesinne huur en baie moet tevrede wees met woonstelle. Baie Suid-Afrikaanse woonstel blokke is nie gebou en ingerig vir gesinne nie. Dit was mos gewoonlik ongetroudes en getroudes sonder kinders wat voorheen in woonstelle gebly het.
Ou woonstelle het balkonne
Nuwer woonstelle is klein en sonder balkonne. Waarskynlik sodat meer mense geakkommodeer kan word. Te dikwels is daar geen groen gedeeltes waar kinders kan speel nie en ook geen balkonne nie. Diere word ook nie toegelaat nie en geen plek waar ’n vleisie oor die kole gebraai kan word nie. Suid-Afrika kan gerus by ander lande leer oor hoe om woonstelle meer gesin vriendelik te maak.
Al hoe meer mense bly in woonstelle
Die realiteit is dat meer woonstelle gebou sal moet word om in die behuisingstekort van ons land te voorsien. Woonstelle gevul met mense – gesinne met kinders. Kinders het speelplek nodig en troeteldiere. Dis redelik algemeen in Amerika om ’n woonstel op die 6de verdieping te huur met gesamentlike speelplek vir kinders en waar troeteldiere aangehou kan word. Die woonstel komplekse het selfs sekuriteitswagte en “butlers”. Hulle verstaan dat huurders mense met kinders en diere kan wees. Daar is wel ook plekke wat slegs verhuur word aan diegene sonder kinders. Diere bly egter welkom. Dis die nuwe manier van lewe.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you