Naguil koerant 7 van 2024

Beste leser

Naguil koerant 7 van 2024

Met die Olimpiese Spele goed op dreef  geniet ek dit om die Atlete en verskillende sport items te bekyk. Veral die dissipline van die atlete. Determinasie, fiksheid, deursettingsvermoë.  Atlete het ’n baie kort loopbaan om die beste in hulle sport te wees en die Olimpiese Spele is die spreekwoordelike kersie op die koek. Die room van die oes. Stresvol vir die atlete wat deelneem – ontspanning vir my op die bank voor die televisie. Onder ’n kombers – dis winter.

Ons is nou baie deeglik in die laaste gedeelte van die jaar en stadig maar seker op ons pad na Lente toe. Ek vier elke seisoen, veral die verskillende kleurskemas in die natuur. In die winter is die bome kaal gestroop. Wintertyd is ook tyd om stil te word, asem te haal en energie bymekaar te maak. Dit dwing ons om tot verhaal te kom.

Geniet en omarm die laaste gedeelte van die winter. Lente is amper hier!

Elke maand kyk ons dieper na ‘n skrywer- bekend of onbekend

Jacob Daniël du Toit (21 February 1877 – 1 July 1953)

oftewel Totius was ’n welbekende en geliefde Afrikaanse digter. Hy het onder andere gewerk as Predikant tydens die 2de Boere oorlog. Hy was diep godsdienstig en het sy gedigte gebruik om uiting aan sy gevoelens te gee. O. Die Pyn gedagte het hy geskryf nadat sy dogtertjie deur weerlig doodgeslaan is. Dit was ’n gedig wat ons in diepte in die Letterkunde klas behandel het en wat my diep geraak het.

O Die pyn-gedagte: My kind is dood!…
dit brand soos ‘n pyl in my.
Die mense sien daar niks nie van,
en die Here alleen die weet wat ek ly.

musiek kollig

Celine Dion het hierdie pragtige lied by die opening van die Olimpiese Spele gesing. Edith Piaf die liefling van Franse musiek het Hymne à l’amour  oftewel The Hymn to Love vir die eerste keer in 1950 gesing. Geniet hierdie baie ou opname terwyl jy die Engelse lirieke lees.

The blue sky over us may fall
And the earth may well collapse
I don’t care if you love me.
I do not care

As long as love floods my mornings
As long as my body quivers under your hands
I don’t care about the problems
My love, since you love me…

We will have eternity for us
In the blue of all the immensity
In the sky, no more problems
My love, do you think we love each other?…
…God unites those who love!

video kollig

President Nixon se huldeblyk aan sy Ma is aangrypend en respekvol vir Ma’s wat meestal agter die skerms werk. Eer jou Vader en jou Moeder volgens die Bybel en hierdie kort maar treffende video is ’n monument vir Ma’s.

  • Meeste van ons het al iets aanlyn gekoop en ontvang sonder enige probleme. Nou dink jouself in die skok toe ’n vrou van Colombia ewe gretig haar lang verwagte Amazon pakkie oopmaak en alles behalwe die lugbraaier kry wat sy bestel het.
  • ’n Boer maak ’n plan lui die spreekwoord. Eintlik ’n ou plan wat nou nog werk. Kinders grootmaak is nie maklik nie en tieners kan ’n nagmerrie wees. So wat doen mens om seker te maak dat ’n tiener betyds huis toe kom na ’n aand uit saam met vriende? Hierdie familie gebruik steeds dieselfde beproefde resep
  • Tydens die Olimpiese Spele het ’n Franse atleet gesorg vir baie grappies toe hy op pad was na Olimpiese glorie met ’n epiese paalspring poging en sy Franse baguette in die pad gestaan het tussen hom en ’n medalje. Oops!
  • Die 2de Wêreldoorlog het die lewens van miljoene mense geneem. Een valskermsoldaat het egter oorleef en sy nalentskap lê in die weefsel van die valskerm wat sy lewe gered het. Soveel jare later beskerm dieselfde valskerm steeds die nasate.
dieresake

Hoe rehabiliteer jy prisoniers? Daar is verskeie programme om prisoniers te help om weer in die samelewing te funksioneer. Die gevangenis owerhede in Amerika het met ’n blink plan vorendag gekom. Katte. Ja, dis reg katte in die tronke en dit werp vrugte af. Tesame met die diere organisasies bring hulle hawelose katte en prisoniers bymekaar en duidelik vind hulle aanklank bymekaar.

grapjas

Die onlangse politieke debat tussen Donald Trump en Joe Biden het vir groot konsternasie gesorg en die einde van Joe Biden se loopbaan beteken. Die Muppets se parodie skets sal jou laat skater van die lag.

Tuin praaitjies is n nuwe byvoeging tot die Naguil koerant waar ons gesels oor plante en blomme, mooi tuine van regoor die wêreld.

  • Tanya Visser is ons eie tuin ghoeroe. Haar webblad is vol stories en inligting. Haar YouTube kanaal het video’s vir elke moontlike scenario en haar tydskrif Die Tuinier bevat ’n skatkis van artikels.  Tanya se artikels en video’s is eg Suid-Afrikaans en is juis daarom spesiaal.
ou boek kollig

God se Apteek – Herman Uys

God Se Apteek: Jy is wat jy eet, en jy is wat jy nie eet nie – Herman Uys

In God se apteek, die oop veld, landerye, riviere en waters van ons planeet, het God alles geskape wat ons nodig het, as ons dit net reg gebruik, om gesond ons oudag te kan belewe, ons weet net nie van alles nie.

Die eerste in die reeks het in 2003 verskyn en was gou ’n blitsverkoper.

nuwe boek kollig

Seun – Dana Snyman

Dana Snyman se nuwe boek SEUN neem jou diep in sy lewe in. Hy het grootgeword in Ventersdorp in die Apartheidsjare. Sy Pa was lid van die AWB beweging.

Dana praat in die boek openlik oor sy grootword jare in die hart van die Afrikaner weerstandsbeweging.  Sy gewaarwordinge en gepaardgaande rebellie en sy terugkeer na Ventersdorp.

Kosreise vervang die die vinnige resepte in die Naguil koerant. Kosreise is n nuwe webblad uit die pen van Amanda met resepte, kosstories, treinstories en kosstories van Suid Afrika na verskeie ander lande. Ons maak fynproewer kos in ons eie kombuise en leer nuwe resepte en idees.

  • ·  Warm eiervrugslaai
  • Warm eiervrugslaai is lekker saam met braaivleis of as vulsel
  • ·  Semel beskuit
  • Ouma Renda bak hierdie semel beskuit al vandat ek ’n klein dogtertjie was.
  • ·  Aartappel mayo gebak
  • Aartappel mayo gebak het een of ander tyd in ’n tydskrif verskyn en sy opwagting in my resepte boks gemaak.
  • ·  Reis met kleinkinders
  • Reis met kleinkinders is anders as in die tye toe ek ’n kind was
bybel vers

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Joh. 3 vers 16

Wat is sukses en wat moet ons doen om suksesvol te wees? Professor Kim Emerson het ’n eenvoudige antwoord tot hierdie vraag.

Daar is baie potensiële skrywers daarbuite wat ’n hupstoot nodig het sodat hulle drome kan vlerke kry.

Die Naguil koerant is ‘n aanlyn koerant wat maandeliks gratis op die webblad verskyn. Kliek op die blou skakel in die storie en dit sal jou neem na die oorspronklike storie.


Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.