Sjoe dis eina

Sjoe dis eina. Nee nie net fisiese seer kry nie, eerder emosionele seer. Ons is al almal gekwes deur iemand se woorde of besluite. Niks maak egter seerder as wanneer ons verantwoordelik is vir ons eie seer nie.

Tony Robbins – Change happens when the pain of staying the same is greater than the pain of change.’

Dis maklik om al ons pyn en lyding voor ander se deur te lê

Elke dag moet ons besluite neem – klein en groot. Elke besluit het gevolge. Sommige van die besluite het ‘n goeie gevolg terwyl ander katastrofies kan wees. Dis normaal – ons kan nie altyd die regte besluite neem nie. Ons doen die beste wat ons kan met die omstandighede wat op daardie stadium in ons lewe is. Ons kan dan leer uit ons verkeerde besluite en beter doen in die toekoms.

Dit gebeur elke keer met my

Dit raak egter ‘n probleem wanneer ons keer op keer dieselfde verkeerde besluite neem met dieselfde negatiewe gevolge. Te dikwels word die skuld dan voor ‘n ander se deur gelê en kort voor lank word dieselfde besluit weer gemaak met dieselfde rampspoedige gevolge. En so gaan dieselfde destruktiewe gedrag voort en voel die betrokke mens soos ‘n totale mislukking en alewige slagoffer.

It’s so much easier to tell people what they want to hear instead of what they need to hear. Dr. Phil

Daar is hoop

Self destruktiewe gedrag is ‘n werklikheid. Die eerste stap na genesing is volgens Dr. Phil om jouself in die spieël te bekyk en verantwoordelikheid te neem vir jou eie lewe. “You cannot change what you don’t acknowledge” – Dr. Phil. Dit is sulke waar en kragtige raad en sjoe dis eina om jou aandeel aan jou ellende te erken. Dr. Phil het ‘n lys van 10 lewens lesse neergepen. Ek het dit gedruk en aan die binnekant van my kas se deur geplak. Elke keer wanneer ek myself in ‘n moeilike situasie bevind lees ek dit. Dis maklik om ander te blameer sodat ons nie hoef verantwoordelikheid te neem nie. Genesing kan egter slegs gebeur wanneer ons eerlik is met onsself.

Kuier verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • We also publish original articles, stories and opinions in English
  • Kosreise is ‘n webblad met resepte en reis stories

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.