Nuus oor ‘n koppie tee

0
(0)
teetyd kuiers

Nuus oor ‘n koppie tee

Nuus oor ‘n koppie tee. Welkom by teetyd kuiers. Kry ‘n sitplek en laat ons bietjie gesels oor dinge wat op die hart lê.

nuus oor n koppie tee

Ek lees nou die dag ‘n artikel oor koerante en mense voor die Internet. Nogals met foto’s van die manne in New York wat vir die bus wag. Elkeen het ‘n koerant in die hand terwyl hulle teug aan ‘n sigaret – in pakke klere met dasse. Met die artikel wou die skrywer ons daarop wys hoe “sosiale media” 100 jaar gelede gelyk het. Ek het nooit so daaraan gedink nie tot daardie artikel verskyn het.

Dit het my sommer laat dink aan teetyd kuiers saam met vriende in die jare voor die Internet. Ons kon ure gesels oor die nuus wat ons in koerante en tydskrifte gelees het. Die Huisgenoot en Keur was gewild onder ons vriendinne. Dis waar ons die nuutste nuus oor bekendes gekry het. Vir ons was dit nuwe nuus – al was dit eintlik al weke oud. Ons kon ons verkyk aan die mooi klere en glans geleenthede – wêrelde weg van ons lewens.

Ek het ook baie van die Burger en Rapport gehou met dinge wat in die land en oorsee gebeur.

Tupper partytjies was ook baie gewild onder ons vrouens. Dit was ‘n wegkom kans van die dag tot dag lewe met al sy uitdagings. Manlief en kinders tuis – salig. Ons het gesels oor wat ons in die tydskrifte en koerante gelees het. Die Tupperware was bysaak, die nuus oor ‘n koppie tee saam met ander was hoofsaak.

Ek verlang sommer vandag terug na daardie tye. Dinge is nou heelwat anders met nuus op ons fone en rekenaars. Iets wat wel dieselfde gebly het is kuier saam met vriende en familie – tuisgebakte eetgoed, tee en koffie. Niks kan vlees en bloed kuiers vervang nie. Ons kan steeds gesels oor nuusgebeure en bekendes se geite, grille en modes. Nog ‘n koppie tee vir jou?

Kuier verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • We also publish original articles, stories and opinions in English
  • Kosreise is ‘n webblad met resepte en reis stories

Welkom by Teetyd kuiers. Ontspan lekker met ‘n koppie tee en gesels saam

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook. Double the fun!