Sit ‘n huppel in jou stap

Sit ‘n huppel in jou stap en pak hierdie nuwe jaar met hernude krag en moed aan. Positiwiteit is aansteeklik en so ook ‘n glimlag. Sekere dinge is buite ons beheer en tog is daar steeds dinge wat ons kan doen om van die nuwe jaar ‘n sukses te maak.
Alison
Baie jare gelede het ek gaan luister na Alison se storie. Sy is as 19 jarige meisie ontvoer, verkrag, keel afgesny en gelos vir dood. Sy het egter die aanval oorleef en het ‘n motiverende spreker geword. Een van die dinge wat sy gesê het wat ek nooit sal vergeet nie is:
Jy kan nie altyd beheer wat met jou gebeur nie maar jy kan beheer hoe jy dit hanteer.
Onsigbare seer
Elke mens dra sy eie seer saam met hom of haar al lyk dit nie so nie. Ons kan egter kies of ons wil hê dat dit van ons ‘n verbitterde en met wraak gevulde gemoed en mens laat en of ons die lig in die duisternis gaan soek.
Sit ‘n huppel in jou stap
Wel, nie noodwendig ‘n fisiese huppel nie. Ek sukkel ook daarmee. Hier is ‘n paar dinge wat vir my werk . Dalk help dit ook vir jou
- Ek stap elke dag met my hond en terwyl ons stap kyk ek na die plante en blomme. Tydens ons stap groet ons mense langs die roete met ‘n glimlag en ‘n wuif van die hand. Mense se teen reaksie is 99% positief.
- Soggens bid ek sodra my oë oopgaan en sê ek dankie vir ‘n goeie nagrus en die belofte van ‘n nuwe dag.
- Sodra my gedagtes negatief raak, praat ek met myself en sorg ek dat ek die silwer randjie aan die donker wolk kan sien.
- Lees is nog iets wat my help met ‘n positiewe gemoed en gedagtegang. Lees kan jou wegvoer en tydelik laat vergeet van die hartseer dinge rondom jou.
- Alhoewel ek al die bogenoemde doen neem ek ook die tyd om te werk aan myself en dinge uit te sorteer wat my aandag nodig het en onnodige stres in my lewe veroorsaak.
Deel gerus met ons hoe jy ‘n huppel in jou stap sit.
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment