Ontmoet Evita my nuwe vriendin

0
(0)
Ontmoet Evita my nuwe vriendin

Ontmoet Evita my nuwe vriendin. Sy ruik lekker en is klein en fyn en ek vermoed ons gaan nog besties word.

Ek moet bieg

Ek is ‘n beginner tuinier wat nog baie het om te leer. Soms kan ek dit self nie glo dat ek eers op die jonge ouderdom van 55 begin tuinmaak het nie. Dit is so lekker en bevredigend om te sien hoe ‘n saadjie ontkiem, groei en groter word. Sommige eetbaar, ander kleurvol. Die wonder van plante. My Ma was altyd ‘n ywerige tuinier en selfs nou is haar ouetehuis kamer gevul met kleure en geure.

Waar begin mens?

Ek het ‘n tuin dag by Builders bygewoon wat aangebied is deur die tuin goeroe Tanya Visser en ek was betower. Nie net is sy ‘n dinamiese spreker nie, sy het ook ‘n passie vir tuinmaak. Die eerste les wat ek by haar geleer het was om by plante te hou wat eie aan jou streek is. Dit spaar moeite en tyd en ook geld. Na die tuin dag het ek begin rond krap op die Internet en ‘n nuwe wêreld het vir my oop gegaan. Die eerste plant wat ek gekoop het was ‘n blou plumbago. Trots.

Die geskenk wat aanhou gee

Na die plumbago het Hibiscus gevolg en toe Dusty Miller. Lobelia’s is ‘n gunsteling. En so kan ek aanhou om die lof van my nuwe maats te besing. Ek het ‘n 6 pak leeubekkies gekoop en in vervoering gekyk hoe hulle groei en blomme kry. 3 donker pienkes, 1 witte en 2 oranje geles. Dit bring my by vandag se aankoop.

Ontmoet Evita my nuwe vriendin

Ek is nou besig om ‘n kruie en eetbare tuin te ontwikkel en wil ook my eie vrugte hê. Vandag het ek ‘n vyeboom gekoop en haar tuin naam is Evita – ‘n pers vy. Gee tog raad oor vrugte bome. Dis welkom glo my. Kan nie wag om van haar vrugte te eet nie.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading