Beskerm jouself en jou besigheid

0
(0)
beskerm jouself en jou besigheid

Beskerm jouself en jou besigheid teen mense met verkeerde bedoelings. Daar is ongelukkig mense wat geen morele waardes en standaarde het nie. Hulle sal jou plattrap om te kry wat hulle wil hê en dit sluit familie en vriende in.

Die klets koningin Oprah het ‘n gesegde wat hier ter sprake is: (vry vertaal) “Moet nooit iemand anders met jou geld vertrou nie”. Oprah teken al haar eie tjeks en hou boek van al haar geld wat in en uitgaan. Alhoewel sy ‘n span mense het wat na haar belange omsien sorg sy dat sy op datum en in beheer is van alles.

In my Engelse artikel People who lost their name in business vertel ek die stories van die bekende skilder Bob Ross asook Karen Neuburger wat bekend geword het vir haar nagklere op Oprah’s favorite things. Beide hierdie mense het hulle name en besighede verloor deur ander mense se onetiese optrede.

Jare gelede toe webtuistes baie gewild was en veral Celeb webtuistes was daar ‘n meisie wat ‘n uiters gewilde bewonderaar tuiste vir haar Celeb op die been gebring het. Mettertyd het sy mense gekry om haar te help en hulle “admins” gemaak en die wagwoorde met hulle gedeel. En toe kom die verraad. Twee van die helpers het ‘n komplot teen haar gesmee en oornag die wagwoorde verander en haar verwyder. Hulle het voortgegaan en baie geld met die webtuiste gemaak en daar was niks wat hierdie meisie daaraan kon doen nie. Oneties is hierdie dinge beslis. Dis wel wettig en daarom kan daar nie teen die onetiese mense opgetree word nie.

Daar is baie mense wat in besigheid saam met vriende en familie ingaan vir wie dit uitwerk. Ongelukkig is daar ook baie mense vir wie dit nie uitwerk nie.

Beskerm jouself

Ek is baie versigtig. Niemand behalwe ek ken my wagwoorde of finansiële status nie. Ek vertel niemand van my idees of drome nie. Daar is altyd iemand iewers wat soos ‘n aasvoël sit en wag. Dit mag paranoïed klink vir mense. Ek sien dit egter as realisties.

Selfs in my privaat lewe. Geen huishulp of tuin werker nie. Dinge in en om my huis maak ek so dat ek dit kan beheer. Vriende en familie het ook nie vrye toegang tot my huis nie. Een van my beste vriendinne het weggeloop met my gunsteling CD’s na ‘n gesellige kuier terwyl ‘n ander van my Ena Murray boeke geleen het en toe geweier het om dit terug te gee.

Beskerm jouself en jou besigheid deur dinge goed te oordink, navorsing te doen en professionele raad in te win waar dit besigheid transaksies en kontrakte aangaan.

Het jy ‘n storie oor wanpraktyke, onetiese gedrag? Gooi ‘n nota in die posbus en deel dit met ons.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading