Resepteboeke se verskuilde treffers

0
(0)

Resepteboeke se verskuilde treffers

Resepteboeke se verskuilde treffers is ’n skatkis van skatte wat wag om ontgin te word. Ons is tog alte geneig om net die resepte in resepteboeke te maak waarby foto’s is – altans ek doen dit. Foto’s trek mens aan na ’n resep toe en mens is geneig om verby die resepte te blaai wat sonder foto’s is.

“If more of us valued food and cheer and song above hoarded gold, it would be a merrier world.” — J.R.R. Tolkien

Dis nou totdat ek dapper genoeg was om uit my gemaksone te beweeg en vêrder in die resepteboeke te delf en te kyk wat my soektog oplewer.

Wat ’n verrassing! Voor my oë en hande het die letters in die resepteboek verander in ’n gereg wat geniet kon word. Vele van hierdie resepte het gunsteling geregte geword. Ek benader ’n resep sonder foto met afwagting. Die resep se bestanddele gee vir my min of meer ’n idee en so ook die metode.

“A recipe has no soul, you as the Cook must bring soul to the recipe – Thomas Keller”

Dis net ’n mite dat resepte met foto’s die beste is – moet dit vir geen oomblik glo nie

Dis ’n heerlike avontuur om deur ’n resepteboek te blaai en ’n resep te maak en te kyk wat dit oplewer. Meeste van die tyd is dit ’n heerlike verrassing. Dis tog te lekker om iets te maak waarvan daar nie ’n foto is nie- so kan ek dan die een wees wat ’n foto neem van die skatkis gereg.  Elke resep vertel sy eie storie. Dink maar aan die resepte neergeskryf op ’n stukkie papier in Ouma se handskrif. Dit laat ons dink aan spesiale geleenthede met spesiale mense.

“This is my invariable advice to people: Learn how to cook—try new recipes, learn from your mistakes, be fearless and above all have fun.” — Julia Child

Reis verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading