Oppad die vreemde in

Oppad die vreemde in

Oppad die vreemde in. My eerste groot avontuur op my eie. Polisie kollege hier kom ek. Ek kon nie wag om uit my ouerhuis te ontsnap nie. Daar buite was ‘n lewe waarvan ek niks geweet het nie. Beskermende groot geword.
Ons nuwe Polisie konstabels het net voor dagbreek in Beaufortwes op die trein geklim
Ons het vanaf Oudtshoorn met ‘n Polisie bussie na Beaufortwes vertrek. My Ma het vir my padkos ingepak en R75. Dit was vrek baie geld in 1984 en ek het gedink ek is skatryk en vry van die boeie van kind wees. Alles het so opwindend gelyk. Ek het by ‘n venster gesit en gekyk hoe my tuisdorp al verder wegraak. Geen hartseer of verlange net vreugde om uiteindellik die grootmens lewe te betree want ek is mos nou groot. ‘n Volle 19 jaar oud.
Rondom my het almal gelag en gejubbel
Daar was soveel vreugde. Ons was 4 vroue konstabels in ‘n eersteklas kompartement. Ek was verbaas dat daar diegene was wat nog nooit trein gery het nie. Ek kon dit nie verstaan nie. Ons ry dan gereeld trein. Eers baie later sou ek besef dat nie almal se Pa’s vir die Spoorweg gewerk het nie. My Pa was ‘n treindrywer en ons het dus verniet trein gery.
Ons het 2 dae lank trein gery Pretoria toe
Die tweede aand het almal in die eetsalon gaan eet. Vir die eerste keer in my lewe het ek hamburger en skyfies in ‘n restaurant geeet. Wat ‘n belewenis! (My Ma het altyd Vrydag aande vir ons kitskos uit haar kombuis gemaak – ons het nooit wegneem etes gekoop of na restaurante gegaan nie) Ons was ‘n enkelouer gesin en geld was skraps.
Welkom by die Polisie kollege
Alhoewel ek al voorheen in Pretoria was, was die kollege iets anders. Dit was groot met sy eie winkels – aandenkings en kafee. Die kamers was spierwit met teels van bo tot onder en ‘n staal trommel in die een hoek. My kamer was skuins oorkant die badkamer en ‘n telefoon hokkie onder in die gang. Alles was klinies – militaristies.
Dis ‘n anderste tipe lewe hierdie dink ek met ‘n huppel in my stap. Ek kan nie wag vir die opleiding om te begin nie.
Reis verder
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Kosreise met resepte en kos stories
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Bou jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment