Semel brosbrood beskuitjies

RESEP DEUR
Wenresepte 3
OPMERKINGS
Resep spesifiek vir diabete

Semel brosbrood beskuitjies
Semel brosbrood beskuitjies is deur ’n Huisgenoot leser geskep vir haar dogter wat aan suikersiekte ly en het in Wenresepte 3 verskyn. Die resep is so half versteek met geen foto van die eindresultaat nie. Terwyl ek so deur die resepteboek gegaan het, het my oog op hierdie resep geval en het ek besluit om dit te maak en die resultaat? Wel, kom ons begin deur die resep aan mekaar te slaan.
Bestanddele:
- 750 mℓ koekmeel
- 5 mℓ sout
- 750 mℓ semels
- 230 gram botter of bak margarien
- 200 mℓ melk
- 5 ml koeksoda
- 1 eier geklits
Metode:
- Voorverhit die oond tot 200 C
- Smeer ’n bakplaat met botter
- Sif die meel en sout saam
- Voeg die semels by en meng goed
- Sny die botter in blokkies en vryf dit in die meel in totdat dit lyk soos growwe brood krummels
- Meng die melk, koeksoda en eier en voeg by meel mengsel.
- Knie totdat ’n stywe deeg gevorm is.
- Sprinkel mooi op ’n gladde oppervlakte
- Druk sirkels en vierkante uit en plaas op bakplate. Prik met ’n vurk.
- Bak in oond vir ongeveer 10 minute of totdat bruin.
- Haal uit oond en laat ietwat afkoel op bakplate voordat dit op afkoelrakke geplaas word om heeltemal af te koel.
- Bere in lugdigte houers.
Wenke:
- Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
- Jy kan dit so kaal eet of met ’n sny kaas, marmite of maaskaas – selfs grondboontjie botter. Ek het die beskuitjies in vierkante asook in sirkel vorms uitgedruk wat dit laat lyk soos gekoopte beskuitjies. Dit lewer ongeveer 80 klein beskuitjies

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops
KERSIES
4/5
OPMERKINGS
Dit sal nie in almal se smaak val nie. Onthou egter dat dit bedoel is vir mense met suikersiekte dus is daar geen suiker in die resep nie. Ten spyte daarvan is die beskuitjie lekker om te eet wanneer mens lus is vir iets om aan te knaag.
Reis verder:
- Kosreise met resepte en kos stories
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Begin jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment