Onseker tye
Die coronavirus het ons almal se lewens kom deurmekaar krap
Die coronavirus was die laaste strooi in ‘n deurmekaar tyd in die wëreld. Dis onseker tye.
Finansieel
In Maart toe die virus ons onderstebo stamp het alles wat ons gedink het seker was in ‘n oogwink inmekaar getuimel. Skielik was jou werk nie meer seker nie, jou huisverband het geknyp en mense moes hulle tweede motors verkoop of teruggee. Die spaargeld het aanvanklik gehelp,en later was daar net hier en daar ‘n paar sente. Die finansiële effek op die virus het ‘n ontsettende ontstellende effek op mense regoor die wêreld.
Verhoudings
Sekere verhoudings het ‘n hengse knou tydens die grendeltyd ondervind terwyl ander verhoudings sterker geword het en selfs nuwe verhoudings het ontstaan. Ouers en kinders sukkel met mekaar en werksverhoudinge het verander.
Werkomstandighede
Mense moes aanpas om meestal van die huis af te werk en dit veroorsaak weer ander uitdagings. Sommige werkers hou daarvan om tuis te werk terwyl ander werkers die samehorigheid en kantoor vreugdes en dramas mis.
Gesondheid
Ons het nog altyd geweet dat ons na ons leefstyl moet kyk en gesonder lewe en die koms van COVID19 het gewys hoe meeste van ons tekort skiet. Gewone griep simptome laat ons nou in koue sweet uitslaan van vrees vir hierdie onvoorspelbare aansteeklike siekte.
Sosialisering
Dit is seker die grootste ontwrigting in hierdie onseker tye. Mense is van nature kudde diere en om weerhou te word van familie en vriende is hartseer. Sosialisering is deel van mens wees en skielik kan ons nie meer deelneem aan ons gewone aktiwiteite nie. Vir sommige mense is die gebrek aan sosialisering ‘n doodsvonnis.
Vryheid van beweging
Mense voel verontreg omdat hulle weerhou word om te kom en gaan soos hulle wil. Mense dring aan op hulle regte, wil nie maskers dra nie en kom in opstand.
Aan alles kom ‘n einde
Hierdie virus sal ook uiteindelik die wyk neem en dan kan ons weer ons lewens hervat. Daar is geen tydperk hieraan verbonde nie. Ons weet ook nie hoe ons nuwe normaal gaan lyk nie. Al wat ons nou kan doen is om ons samewerking te gee sodat ons gouer as later weer vry kan wees. Kyk mooi na jouself en jou geliefdes.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you