Dis die moeite werd

Dit is die moeite werd om jou eie huis op die Internet te koop – jou eie domain.
In die begin jare van die Internet in Suid Afrika het almal van ‘n webblad gepraat en dit was weinig meer as ‘n paar statiese bladsye gemaak met html. Hierdie statiese webblaaie was meestal besigheids bladsye wat vir advertensie doeleindes gebruik is.
Gedeelde domain name
Gratis webblaaie was baie gewild met baie meer funksionaliteit. Die nadeel was egter dat dit nie op sy eie gestaan het nie. Byvoorbeeld: Jou webblad se naam was amandaskrywer maar omdat dit ‘n gratis webblad was het dit op ‘n gesamentlike diens verskaffer se domain bv. google gestaan en het dit as volg gelyk: www.amandaskrywe (.)google.com
Jy was ook onderhewig aan hulle reëls en dit wat jy opgelaai het was op hulle domain en die inhoud van jou webblad kon enige tyd verdwyn het indien jy selfs onwetend hulle diensvoorwaardes oortree het of wanneer hulle die hoof domain van die Internet verwyder het.
Voordele van jou eie domain
- Jy kry ‘n eksklusiewe domain naam sonder ‘n voor of agter voegsel
- Die inhoud op jou domain behoort ten volle aan jou
- Jy maak die reëls van jou domain
- WordPress is maklik om op jou eie domain te laai
- Dis maklik om self jou domain te bestuur
- Dit is bekostigbaar
Domain besonderhede
- Daar is verskeie diensverskaffers in Suid Afrika en ek gebruik Elitehost
- Die koste van ‘n domain wissel van R75.00 vir ‘n co.za domain en R210.00 vir ‘n .com domain
- Elitehost het verskeie diensverskaffer pakette. Ek gebruik die Unlimited Plus teen R75.00 per maand
- ‘n Domain moet elke jaar hernu word.
- Saam met elke domain kry jy jou eie beheerpaneel wat relatief eenvoudig is om te gebruik.
- Jy kan jou eie domain eposse skep (gratis by jou pakket)
Jou eie domain is soos om jou eie huis te besit. So waarvoor wag?
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you