Ongewone wette in gewone lande

articles

Ongewone wette in gewone lande

  • Ongewone wette in gewone lande is nogal iets om te sien – selfs Suid-Afrika het ’n aantal sulke wette.
  • In Kanada moet Kanadese sangers se musiek op die radio gespeel word tussen 6vm en 6nm.
  • Duitsland se wetboeke verbied jou om sonder petrol/diesel op die hoofweg te gaan staan. Die Duitsers glo jou motor moet altyd vol brandstof wees.
  • Switserland is bekend vir sy natuurskoon en sneeu en mense wat hou van kaal loop in die woude. In 2011 is ’n toeris egter $100 beboet vir sy kaallopery en dit het toe bekend geword dat die wet teen kaal loop uit die 1800’s dateer.

Dit is onwettig om duiwe op die beroemde brûe in Italië te voer.

  • In Griekeland word hakskoene verbied by die historiese ruïnes en alhoewel ongewoon maak dit sin om die 2500 jaar oue gebiede te beskerm teen skade wat spyker hakke kan veroorsaak.
  • Poland verbied die dra van Winnie the Poo klere. Die rede is dat hy nie ’n broek dra nie en dit word as immoreel beskou.
  • Frankryk het ’n reputasie vir verdagte higiëne weens hulle liefde om in die strate te urineer en sku te wees vir bad en skoon klere – vandaar die verbod op speedo’s in die strate. Speedo’s is egter verpligtend op die strande en openbare swembaddens.

In 1313 is ’n wet bekragtig wat dit onwettig maak om enige vorm van wapenrusting in die Parlement te dra. Die wet geld steeds.

  • Jy mag nie op ’n koei se rug ry in Skotland as jy dronk is nie.
  • Sri Lanka verbied die neem van enige selfies met die Budda beelde en sal jou summier toesluit.
  • In Noord Carolina sal jy jouself wettig getroud bevind wanneer jy ’n aand in ’n hotelkamer met jou geliefde deurbring.
  • Australië en Argentinië het ’n wet in gemeen – geen vlieër mag in die openbaar gevlieg word nie.
  • Jy mag nie vloek in Saudi Arabia nie. Nie in woorde nie en ook nie op teks boodskappe of epos nie. Dit sluit obskure Emoji’s in.

Rusland het ’n wet teen die verkoop, aankoop en dra van kant onderklere

  • In Oklahoma mag jy nie gesigte trek vir honde nie
  • Japan is die land van goeie maniere en jy sal swaar beboet word indien jy deur water plasse ry en voetgangers nat spat.
  • Bulgaria vereis van elke motor eienaar om ten alle tye ’n brandblusser in sy motor te hê.
  • In Florida (Amerika) is ‘n wet dat jy in die hof kan trou tydens ‘n hofsaak. Die reeksmoordenaar Ted Bundy wat ook ‘n regstudent was het in die middel van sy hofsaak opgestaan en vir ene Carol gevra om haar hand. Sy het ja gese. Van toe af was hulle wettig getroud

Ongewone wette in gewone lande – lekker lag ek nou

2 Comments

  1. scrapydo2.wordpress.com

    11 September 2023 at 9:08 am

    Ongewone gewone wette. Ook ‘n lekker paar grapigges.

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      11 September 2023 at 9:03 pm

      Nogals ja. Dit help om mens se dag op te kikker.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.