Vreemde wette in Suid Afrika

0
(0)

Rubriek

Aktuele rubriek

deur Amanda Spies du Plessis

Omtrent Rubrieke

Rubrieke is basies artikels waarin die skrywer sy of haar opinie met die lesers deel.

Tipes Rubrieke

Vreemde wette in Suid-Afrika sowaar as wat padda panel dra. Ek het die eerste keer met die vreemde wette te doen gehad toe ek nog ’n jong konstabel in die Polisie was. My Offisier was moeg vir ons wat so ledig in die Aanklagte kantoor rondgesit het tydens ’n stil dag. Hy het ’n dik boek voor ons neergesit en ons beveel om strate toe te gaan en mense te soek wat oortredings begaan.

In die boek was vreemde wette in Suid-Afrika wat vêr teruggaan. Wette van voor ons onder Britse bewind was en daarna. Baie wette bestaan steeds – raar maar waar.

Die bestuurder van ’n motor moet sy motor tot stilstand bring wanneer ’n herder sy skape/beeste oor die pad lei. Jy mag nie op hulle skree om vinnig te maak nie.

Dit is onwettig om ’n motor/trok of enige ander voertuig te bestuur wanneer ’n dier bo-op die dak van die motor is.

Jy mag onder geen omstandighede ’n beer  (ja jy het reg gehoor) saam met jou vat wanneer jy die kroeg besoek nie. Dit is ook onwettig om met ’n beer te stoei.

Dit is teen ons wette om met ’n olifant op ’n publieke straat te stap tensy jy skriftelike toestemming het

Geen volstruise mag in agterplase aangehou word nie – dis streng verbode.

Dit is verpligtend om jou toeter te druk voordat jy ’n tonnel binnery

Fortuin vertellery vir geld is teen die wet. Nogal die wet op heksery word dit genoem.

Jy mag nie ’n kostuum wat jou ware identiteit verbloem dra wanneer enige perseel betree word nie – ook nie partytjie super held klere nie.

Jy mag nie ‘n draai roomys eet wanneer jy oor die hoofstraat stap nie – net op die sypaadjie.

Daardie dag met die boek in die Polisiekantoor het ons jonges baie pret gehad en selfs ons Bevelvoerder verras met die boetes wat ons uitgeskryf het. Die slagoffers van die boetes het egter nie gedink dit was snaaks nie.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

4 Comments

  1. elsabeskryf

    26 June 2023 at 8:54 am

    Kan dink dat dit pret was! Arme oortreders. Kan my die verontwaardiging voorstel.

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      2 July 2023 at 2:20 pm

      Haha dit was voorwaar konsternasie op die stasie!

  2. scrapydo2.wordpress.com

    26 June 2023 at 8:10 am

    Ongelooflik, raar maar waar!

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      2 July 2023 at 2:22 pm

      Oja en daar is nog baie versteekte wette steeds op die boeke!

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading