Maak ’n olifant jou beste vriend
Maak ’n olifant jou beste vriend
Maak ’n olifant jou beste vriend. 22 Augustus is nasionale olifant dag en dis welverdiend. Olifante is liefdevolle kudde diere, lojaal, emosioneel en intelligent.
Interessante feite oor Olifante
1. Hulle kan tussen 50 en 70 jaar oud word.
2. ‘n Olifant se swangerskap duur vir 22 maande, dis langer as enige ander landdier.
3. Hulle velle is 2,5cm dik.
4. Hulle het nie baie goeie sig nie, maar beskik wel oor goeie reuk sintuig.
5. Sy slurp besit oor meer as 40 000 spiere!
6. Olifante smeer modder aan hulle lywe om hul vel te bevogtig.
7. ‘n Volwasse olifant benodig 300kg kos en 160 liter water per dag!
“We admire elephants in part because they demonstrate what we consider the finest human traits: empathy, self-awareness, and social intelligence. But the way we treat them puts on display the very worst of human behaviour.” – Graydon Carter.
8. Hulle gebruik hulle ore om die oortollige hitte van hulle lywe weg te waai.
9. Sy tande en sy slurp verklap of hy links of regs dominant is. Die kant wat dominant is se slurp sal groener wees as gevolg van die plante wat hy met daardie kant afbreek. Die tand sal weer korter wees as gevolg van baie skuur.
10. Olifante het spesiale sakkies in hul monde waar water geberg word. Dit word gehou om hulself af te koel. Hulle spuit dit dan agter hulle ore.
11. Olifante is sosiale wesens en help mekaar. So sal hulle ’n kring vorm om baba olifante wanneer hulle gebore of bedreig word.
12. Hulle het ’n goeie geheue en kan onderskei tussen goeie en slegte mense
13. Olifante is lojaal en staan by diegene wat lojaal teenoor hulle is. Lojaal tot die dood toe.
“Elephants love reunions. They recognize one another after years and years of separation and greet each other with wild, boisterous joy. There’s bellowing and trumpeting, ear flapping and rubbing. Trunks entwine.” – Jennifer Richard Jacobson.
Olifant video’s wat jou hart sal warm maak
- ’n Olifant wat vir 31 jaar vasgeketting was, swem sy pad na vryheid oop.
- Olifante rede ’n baba olifant wat in die water geval het
- Soms is menslike hulp nodig en olifante onthou om dankie te sê
- Pasgebore olifant babas moet beskerm word teen die slegte ouens
- Tyd om fees te vier en die olifante weet hoe om dit te doen
- Olifante se vreugde ken geen perke wanneer hulle geliefde mens terugkeer na 14 maande
Maak ’n olifant jou beste vriend – ons moet hulle beskerm.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you