Niemand is imuun teen vervolging nie

Niemand is imuun teen vervolging nie. Altans dit is hoe dit veronderstel is om te wees. Indien jy ‘n misdaad pleeg moet jy die gevolge dra. Dit is hoe ek geleer is in die Polisie Kollege in 1984.
Tydens Polisie opleiding is ons geleer oor landswette en reg en verkeerd. Dit was ook die jaar wat Andre Stander – die bankrower gereeld in die nuus was.
Polisieman, Bankrower
Hy was ‘n Kaptein in die Polisie wat in sy etensuur banke geroof het en dit dan self ondersoek het. Daar is verskeie opinies oor Suid Afrika se berugte en beroemde bankrower. Vir sommiges was hy ‘n held en vir ander ‘n tipiese voorbeeld van nepotisme. Andre het nie voldoen aan die vereistes om aan te sluit by die Polisie nie – hy het nie eers matriek geslaag nie. Tog is hy opgeneem in die Polisie en was hy gekroon as Polisie student van die jaar en nie almal was gelukkig daaroor nie. Sy Pa was ‘n Offisier in die Polisie en ander eerbare Polisiemanne het beweer dat sy Pa toutjies getrek het om hom aangestel te kry.
Niemand is imuun teen vervolging nie
Wat ook al die waarheid, hy was ‘n verleentheid vir die Polisie en het ontsnap (of is gehelp ontsnap). Hy het Amerika toe gevlug waar hy in Fort Lauderdale aan ‘n bloedige einde gekom het tydens ‘n onderonsie met die Amerikaanse Polisie. Jare na sy dood is mense steeds verdeeld oor Andre die Polisieman, die Bankrower, die Ontsnapte en Andre die misdadiger.
Andre se enigste kind Ernie Amos is ‘n Geestelike sanger
Ten spyte van Andre se misdaadgeskiedenis is sy storie nie uniek nie. Daar is baie ander mense wat wegkom met misdade. Party word nooit aanspreeklik gehou vir hulle misdade nie. Daar is egter baie meer misdadigers wat wel vervolg en gestraf word.
elsabeskryf
15 July 2022 at 2:08 pmDit is ‘n interresante storie, Amanda. Dankie.